Algemeen
Die skilderagtige dorpie, Darling, by die Weskus is slegs 55 minute reistyd vanaf Kaapstad en is bekend vir sy asemrowende vertoning van veldblomme, uitstaande wynkelders, en ‘n hegte gemeenskap wat ook die kern vorm van die jaarlikse Voorkamerfest. Hierdie gebeurtenis vind vanjaar van 5 tot 7 September plaas.
Algemeen
Kaapstad is ‘n stad met ‘n wye verskeidenheid ten opsigte van kulture en leefstyle wat sorg vir ‘n kleurvolle en dinamiese bestemming. Van 15 tot 18 Mei 2008 is die stad die gasheer vir die indrukwekkende Cape Good Food and Wine Show. Hierdie voedsel skouspel bied demonstrasies, proe, interaktiewe werkswinkels, koue bier, wyn, mengeldrankies en seekos aan in die Kaapstad Internasionale Konferensiesentrum.
Algemeen
Die Wes-Kaap streek bied aan toeriste gebiede met asemrowende natuurskoon, wêreldklas akkommodasie en ‘n reeks ander aantreklikhede en vermaak om in elke smaak te val. ‘n Toenemende getal toeriste wil egter by die bestaande toeriste aantreklikhede verbybeweeg en wil insae kry in die daaglikse lewe van die plaaslike mense wat natuurlik ook insluit die uitdagings wat plaaslike gemeenskappe in die gesig staar, hoe hulle te werk gaan om die uitdagings die hoof te bied en wat hul toekomsideale is. Die Kaapse ‘Omgee-roete’ (Cape Care Route) maak dit vir toeriste moontlik en bied selfs meer.
Algemeen
Die Sendelingroete al langs die weskus van Suid-Afrika sal reisigers deur ‘n ongelooflike mooi streek van die land neem, met die Atlantiese Oseaan se uitgewaste sandstrande, ruwe berge en bykans oneindige landerye, vrugteboorde en wingerde. Die Sendinggestig Museum in Langstraat Kaapstad is die logiese begin vir so ‘n reis waar reisigers agtergrond kan verkry oor die sendingaksie in Suid-Afrika, wat terselfdertyd die toon sal bepaal waarmee die fassinerende Sendingroete verken moet word.
Algemeen
Die eerste Design Indaba is in 2006 gehou. Die ongekende sukses het veroorsaak dat die organiseerders oorval is met inskrywings vir uitstalruimte by die 2008 Design Indaba Expo wanneer die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum van 23 tot 26 Februarie 2008 sal oorloop met kleurvolle en innoverende uitstallings wat plaaslike en landswye talent die geleentheid bied om die jongste neigings te toon te stel. Meer as 5 000 winkels sal die besoeker die geleentheid bied om die nuwe en innoverende idees te verken en behoort iets vir elkeen te bied.
Algemeen
Die eerste fees van die Homoseksuele Vereniging is in Kaapstad in 1994 gehou en het daarvandaan gegroei tot ‘n jaarlikse instelling. Binne die Konstitusie van die RSA word duidelik bepaal dat daar geen diskriminasie op grond van ras, godsdiens of seksuele voorkeure gemaak mag word nie. Aangesien Kaapstad gereken word as die stad met die grootste getal homoseksueles, is die keuse om die fees daar aan te bied voor die hand liggend.
Algemeen
Gedurende 2003 en 2004 het die Cape Town Military Tattoo twee kleiner weergawes van die militêre skouspel wat tussen 15 en 17 November 2007 by die Kasteel in Kaapstad plaasgevind het, aangebied. Vir die volgende vier jaar sal ‘n soortgelyke skouspel aangebied word as aanloop tot die 2010 Sokker Wêreldbeker. Hierdie vertonings is eie aan Suid-Afrika aangesien elkeen ‘n geselekteerde nabootsing (re-enactment) van militêre gebeurtenisse in Afrika sal wees, ook betreffende voorkoms en vorm.
Algemeen
Kaapstad is ‘n stad met bykans ontelbare toeriste aantreklikhede en kan die besoeker vermaak op velerlei wyses en terselfdertyd ‘n blik gee in die geskiedenis en kultuur van hierdie gediversifiseerde land. Een so ‘n plek is die Gold of Africa Museum in die Martin Melck-huis, ‘n stylvolle gerestoureerde historiese landmerk in Strandstraat. Die Martin Melck-huis is in 1783 gebou en word beskou as een van die beste oorblywende voorbeelde van plaaslik ontwikkelde argitektuur in die 18de eeu.
Algemeen
Aan die voet van die bekende Tafelberg in Kaapstad is die Kirstenbosch Botaniese Tuine. Dit is die tuiste van ‘n indrukwekkende versameling inheemse Suid-Afrikaanse plante en beslaan ‘n ongelooflike 528 hektaar. Die Liesbeekrivier gee water aan die tuine en die totaalindruk wanneer die besoeker rondom hom kyk, gee gestalte aan die grafskrif van professor Pearson, die eerste direkteur van Kirstenbosch Botaniese Tuine: “If ye seek his monument, look around.”
Algemeen
Die Kaapstad Internasionale Komediefees 2007 wat reeds verlede jaar sy tiende verjaarsdag gedenk het, is reeds ‘n hoogtepunt in die sosiale kalender van duisende Kapenaars en het ook reeds ‘n groot aanhang uit die res van Suid-Afrika opgebou. Hierdie gewilde gebeurtenis duur van 3 tot 23 September 2007 en het reeds ‘n reputasie opgebou vir die topgehalte komediante wat vanuit alle dele van die samelewing getrek word. Vanjaar is ook geen uitsondering nie en gehore kan uitsien na ‘n aantal uitmuntende vertonings deur plaaslike en internasionale komediante wat elkeen spog met sy eie tipiese humor.
Nuuswaardig
Die Kaapstadse wêreld filmfees se gasheer is ‘n organisasie met die naam Sithengi. Hierdie organisasie is in 1995 gestig en, gesetel te Kaapstad, het ten doel om die Afrika filmindustrie te ondersteun en te bevorder. Ten einde plaaslik vervaardigde produksies blootstelling te gee en ook om ‘n bewusmaking van talent in Afrika te bevorder, reël Sithengi Organization for Film and Television twee gebeurtenisse jaarliks, naamlik die sogenaamde Cape Town World Cinema Festival en die Sithengi Film en Television Market.
Algemeen
Geleë in die hart van die Kaapse wynlande is die skilderagtige bestemming, die Spier Landgoed. In die distrik van Stellenbosch is die landgoed omring met asemrowende natuurskoon en beskik dit oor ‘n verskeidenheid avontuurlike ekskursies en aantreklike ontspanningsgeleenthede. Die interessante verhaal van die Spier Landgoed in Stellenbosch begin in die jaar 1692. Die geboue op die landgoed sluit in ‘n slaweklok en ‘n herehuis wat gerestoureer is tot hul oorspronklike glorie vir besoekers. Die wynkelder op die landgoed is die oudste in Suid-Afrika.
Algemeen
Die sogenaamde apartheid regime is wêreldwyd in ‘n mate bekend vir ontwrigting en tragedies in Suid-Afrika slegs enkele dekades gelede. Vandag is die land omvorm tot ‘n plek met vrye vermenging van rasse, kulture en godsdienste. ‘n Besoek aan die Distrik Ses Museum sal egter die ontberings van vroeër weer duidelik onder die aandag van die besoeker bring.