This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie

Slegs 45 minute per pad vanaf die O R Tambo (Johannesburg Internasionale) Lughawe, in die Noordwes Provinsie, is die fassinerende Krokodilrivier-ervaring (Crocodile Ramble) wat die wieg van die Mensdom (Cradle of Humankind) en die reis deur Hartebeespoort insluit. Dis ‘n aangename ontdekkingstog. Wanneer besoekers deur hierdie area wandel, kom hulle ‘n verskeidenheid aktiwiteite tee wat kuns- en handwerk ateljees, tuisvervaardigde juweliersware en meubels, inheemse kwekerye, piekniek- en kampeerplekke, restourante en teetuine, avontuuraktiwiteite, natuurreservate, voëlkyk geleenthede, 4x4 roetes, staproetes en perderitte insluit.

Algemeen

Time of the Writer Fees

Die Centre for Creative Arts (Sentrum vir Skeppende Kuns) is in 1996 gestig deur die Departement van Ontwikkeling en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hul hoofoogmerk was om geleenthede te skep vir kunstenaars en kreatiewe verwantskappe tussen verskillende kunsvorme te skep met die klem op veral musiek, digkuns, filmmaak en skilderkuns. Seminare, konserte opleidingsprogramme en werkswinkels word deur die Sentrum aangebied ten einde ‘n bewustheid te kweek vir kuns en dit te bevorder by die volwasse publiek en die jeug. Die Sentrum reël vier groot feeste elke jaar ─ een daarvan is die Time of Writer Festival.

Algemeen

Arts Alive – September is dié maand

Suid-Afrikaners sien altyd uit na September as die einde van die winter en die begin van lente. Vir liefhebbers van alle kunsvorme - dans, musiek, beeldende kunste, die teater, film, digkuns, komedie en so meer - is September altyd ‘n besondere opwindende tyd. Die jaarlikse 'Arts Alive' fees in Johannesburg bied dwarsdeur September iets vir elkeen en lok besoekers van ver.

Buite en Bedrywig

Hogsback Kunste Fees

Hogsback is een van die Oos-Kaap se mooiste bergreeks streke. Die klein dorpie, Hogsback, is aan die voet van die welbekende "Three Hogs" berge geleë en die dorp is so rustig en asemrowend soos die berg reeks wat die dorps omhels. Hogsback is die volmaakte agtergrond vir die Hogsback Kunste Fees en duisende stroom na die klein hoekie van die land om hierdie fees te geniet.

Algemeen

Cecil Skotnes – 'n Lewende Legende

Cecil Skotnes word nie net gesien as een van die hoof pionier van moderne kuns in Suid-Afrika nie, maar word as ‘n anti-apartheid held gesien, omrede hy ‘n paar gelukkige swart kunstenaars die geleentheid gegee het om hulself deur kuns uit te druk en hulle talente te bevorder. Hy was in 1926 gebore, in die klein dorpie van Oos London, waar Skotnes weggebreek het van sy armoedige omstandighede en een van die land se mees suksesvolle kunstenaars van die 20ste eeu geword het.

Algemeen

Suid-Afrikaanse Rots Kuns

Toe die Hollanders eers op die Suid-Afrikaanse kus geland het, het hulle verkillende inheemse groepe mense gevind wat in klein stamme oor die land gebly het. Hierdie mense was vredeliewende, kort en geharde mense met n onuitputbare kennis van die natuur. In plaas daarvan om met vee te boer, het hierdie groepies verkies om n swerwers-jagter leefstyl te geniet. Hulle het van die land af gelewe en het verkies om in harmonie met die natuur te wees, eerder as om dit te probeer domineer of te kompliseer. Die Hollanders het hulle “Bushmen” genoem, omrede hulle die unieke bekwaamtheid gehad het om slegs van die verskeie kosse te lewe wat die soms ru Afrika bos voorsien. Egter is hierdie groep mense vandag bekend as die San mense. Terwyl meeste van hulle binneland toe gedwing is in die 19de eeu, het hulle n ongelooflike erfenis van Suid Afrikaanse rots kuns agter gelaat. Die Suid-Afrikaanse rots kuns het al hordes kuns liefhebbers, geskiedenis liefhebbers en toeriste na die verre hoeke van die land gelok, om die rots kuns te besigtig.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika