Algemeen
Die Mr Price Karkloof Classic Mountain Bike Festival, geskeduleer vir die periode 9 tot 11 Mei 2008, betree tans sy tweede jaar en het reeds bewys gelewer dat dit een van die uitstaande bergfiets geleenthede in Suid-Afrika is. Dit vind plaas in die pragtige Karkloofvallei buite Howick, KwaZulu-Natal. Die Karkloof Classic Mountain Bike Festival bied drie dae gevul met opwindende ritte op innoverende roetes in ‘n skilderagtige omgewing. Hierby moet ook nog gevoeg word goeie vermaak en geborgde geskenke vir deelnemers, dan word dit ‘n geleentheid wat geen bergfietsentoesias sal wil misloop nie.
Algemeen
Die jaarlikse besoek van skole sardiens aan die kus van KwaZulu-Natal, wat al beskryf as is die “grootste Marine skouspel ter wêreld” en “grootste skool ter wêreld”, is ‘n onverklaarde verskynsel wat ‘n asemrowende migrasie van hierdie klein vissies behels. Sardiens lê hul eiers in die water en seestrome voer die eiers na die koue waters van die Atlantiese Oseaan, maar dit is nog nooit verklaar hoekom die sardiens na die waters van KwaZulu-Natal migreer tussen einde Mei en einde Julie van elke jaar nie.
Algemeen
Die Centre for Creative Arts (Sentrum vir Skeppende Kuns) is in 1996 gestig deur die Departement van Ontwikkeling en Sosiale Wetenskappe van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Hul hoofoogmerk was om geleenthede te skep vir kunstenaars en kreatiewe verwantskappe tussen verskillende kunsvorme te skep met die klem op veral musiek, digkuns, filmmaak en skilderkuns. Seminare, konserte opleidingsprogramme en werkswinkels word deur die Sentrum aangebied ten einde ‘n bewustheid te kweek vir kuns en dit te bevorder by die volwasse publiek en die jeug. Die Sentrum reël vier groot feeste elke jaar ─ een daarvan is die Time of Writer Festival.
Algemeen
Die KZN Filharmoniese Orkes word allerweë beskou as Afrika se voorste orkes. Hul vertroue in die vermoë van musiek om oor alle grense heen te breek, hetsy sosiaal, ekonomies of rasverwant, en om mense dus te verenig, is die dryfkrag agter hul sukses. Die orkes se eerste optrede was ‘n konsert op 22 Oktober 1983 in die Pietermaritzburg Stadsaal en was die begin van ‘n reis wat die grasie van ‘n filharmoniese orkes na talle mense in Suid-Afrika gebring het ─ veral mense wat nooit so ‘n geleentheid sou gehad het as dit nie vir die inisiatief van die KZN Filharmoniese Orkes was nie.
Algemeen
Bier is ‘n alkoholiese drank wat bykans oral in die wêreld deur miljoene mense geniet word. Daar is uiteraard verskillende handelsmerke en tipes bier wat elkeen sy besondere smaak het en waaraan die meeste bierdrinkers besonder lojaal is. Die bierroete in Kwa-Zulu Natal bied aan reisigers die geleentheid om die brouerye te verken en kennis te maak met die kunsies van bierbrou. Die Bierroete is ontwerp om die besoeker by nege kleiner brouerye in die provinsie te laat aandoen en terselfdertyd die natuurskoon te ervaar tydens hul soektog na die volmaakte bier.