Op reis deur Suid-Afrika met ‘n Harley-Davidson
Suid-Afrika is ‘n land met asemrowende natuurskoon en skrille kontraste. Besoekers van oral uit die wêreld geniet die veel-fassettige aantreklikhede van ons sonnige land. Van besige stede tot rustige plattelandse gemeenskappe en van die eindelose Karoo tot die berglandskap van die Tuinroete is maar enkele van die kontraste wat die toeris aanlok. Harley-Davidson toere word toenemend gewild vir motorfiets entoesiaste wat Suid-Afrika wil verken.














