This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Stamlewe by die Bakone Malapa Museum

Ongeveer nege kilometer buite Polekwane, die hoofstad van die Limpopo provinsie, is die Bakone Malapa museum waar besoekers die geleentheid kry om terug te beweeg in die verlede en die Bakone stat te verken soos dit ongeveer 250 jaar gelede daar uitgesien het. Hierdie opelug museum bied besoekers die geleentheid om ‘n kykie te kry in die agtergrond en geskiedenis van die Bakone-stam, ‘n subgroep van die Noord-Sotho stam.

Algemeen

Besoek die Gold of Africa Museum

Kaapstad is ‘n stad met bykans ontelbare toeriste aantreklikhede en kan die besoeker vermaak op velerlei wyses en terselfdertyd ‘n blik gee in die geskiedenis en kultuur van hierdie gediversifiseerde land. Een so ‘n plek is die Gold of Africa Museum in die Martin Melck-huis, ‘n stylvolle gerestoureerde historiese landmerk in Strandstraat. Die Martin Melck-huis is in 1783 gebou en word beskou as een van die beste oorblywende voorbeelde van plaaslik ontwikkelde argitektuur in die 18de eeu.

Algemeen

Distrik Ses Museum - ‘n interessante wandeling deur die geskiedenis

Die sogenaamde apartheid regime is wêreldwyd in ‘n mate bekend vir ontwrigting en tragedies in Suid-Afrika slegs enkele dekades gelede. Vandag is die land omvorm tot ‘n plek met vrye vermenging van rasse, kulture en godsdienste. ‘n Besoek aan die Distrik Ses Museum sal egter die ontberings van vroeër weer duidelik onder die aandag van die besoeker bring.

Algemeen

Volkswagen AutoPavillion

Volkswagen Suid Afrika was in 1946 in Uitenhage gestig. Uitenhage is 'n klein industrieële dorp wat op die buite wyke van Port Elizabeth geleë is, op die Tuin Roete in die Oos-Kaap. Die heel eerste Volkswagen Beetle, het van die produskie lyn afgerol op 31 Augustus 1951, en hierdie klein karretjie was die begin van suksesvolle voetuig oorheersing binne die Suid Afrikaanse voertuig mark. Volkswagen Suid Afrika se mark aandeel het verdubbel vanaf die 1980’s en het 'n groot voertuig vervaardiger binne Suid Afrika geword.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator