This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Klanke van die Global Breakthrough Fees

Aangespoor deur die klinkende sukses van die eerste Global Breakthrough fees wat in 2007 in Kaapstad gehou is, het die DJ’s en die partytjiegangers hulself oorreed om die geleentheid te herhaal, met een verskil: dit gaan selfs groter en beter wees as die eerste een. Vanaf 27 Februarie tot 2 Maart 2008 gaan Global Breakthrough saamspan met Miller Genuine Draft vir vyf dae van partytjie-hou by een van Kaapstad se uitsoek plekke.

Algemeen

Leefstyl SA Fees ─ Fokus op Swart

Afro-politaans is ‘n woord wat geskep is om Suid-Afrika se swart mense, wat diep in hul eie kultuur gewortel is en wat hulle beskou as die beeld van hul identiteit, te beskryf. Hierdie begrip veronderstel nietemin die feit dat hulle bestaan binne ‘n kosmopolitaanse omgewing wat deur Westerse voorkeure en verbruikerspatrone beïnvloed word. Die Lifestyle SA Festival ─ Celebrating Black word beplan by die Kaapstadse Internasionale Konvensiesentrum van 7 tot 9 Desember

Nuuswaardig

Elton John toer in Suid-Afrika in 2008

Elton John het ‘n reputasie as ‘n groot weldoener en is een van die suksesvolste musikale kunstenaars van sy era met ‘n loopbaan van meer as veertig jaar waartydens hy vyf Grammy-toekennings ontvang het asook een Academy Award. Suid-Afrikaanse entoesiaste is opgewonde dat Elton John in Januarie 2008 in ons land gaan optree. Sy optredes begin in Kaapstad op 13 Januarie, daarna in Durban op 16 Januarie en laastens twee keer in Johannesburg op 18 en 19 Januarie 2008.

Algemeen

Awesome Praise in Suid-Afrika

Wanneer ‘n mens selfondersoek doen, word dit duidelik dat almal hunker na ‘n wêreld van aanvaarding, verdraagsaamheid, en, belangrikste van alles, vrede. Om te kan lewe, lief te hê, te droom en te aanbid in ‘n omgewing waar kleur, godsdiensverskille en nasionaliteit geen rol in ons daaglikse speel nie, is ‘n ideaal. Maar oorloë woed rondom ons en mense verloor hul lewens of hul geliefdes in die naam van Wêreldvrede. Midde in hierdie warboel vergeet mens dikwels wat kardinaal is tot oorlewing. Awesome Praise is ‘n konsert wat bewys dat wanneer die fokus geplaas word op God en Sy boodskap van liefde en vergiffenis, ‘n omgewing geskep kan word waar ‘n nasie kan aanbid en loof soos ‘n eenheid.

Algemeen

Die Black Eyed Peas in konsert - 12 Oktober 2007

Talle inwoners van Johannesburg het rede om fees te vier in Oktober, Die Black Eyed Peas gaan optree slegs vir een dag en wel op 12 Oktober 2007 by die Nasrec Sentrum. Hierdie optrede is deel van hul “Black, Blue and You” toer wat hulle na veertien lande gaan neem met Suid-Afrika negende op die lys.

Nuuswaardig

Celine Dion begin haar wêreldtoer in Suid-Afrika

Céline Dion aanhangers kyk gretig uit na 14 Februarie 2008. Céline Dion word tans as een van die wêreld se voorste musiek kunstenaars in die gebied van ligte musiek beskou en sy het besluit om haar 2008 wêreldtoer in Suid-Afrika te begin met die eerste konsert by die Coca Cola Saal in Johannesburg.

Algemeen

Arts Alive – September is dié maand

Suid-Afrikaners sien altyd uit na September as die einde van die winter en die begin van lente. Vir liefhebbers van alle kunsvorme - dans, musiek, beeldende kunste, die teater, film, digkuns, komedie en so meer - is September altyd ‘n besondere opwindende tyd. Die jaarlikse 'Arts Alive' fees in Johannesburg bied dwarsdeur September iets vir elkeen en lok besoekers van ver.

Nuuswaardig

Patrizio Buanne besoek Suid-Afrika

Gedurende September vanjaar gaan die Italiaanse sensasie, Patrizio Buanne, Suid-Afrika besoek met sy tweede konserttoer van die land. Hy het reeds duisende volgelinge tydens sy eerste toer verkry en sy aanhangers sien angstig uit na hierdie tweede toer.

Buite en Bedrywig

Hogsback Kunste Fees

Hogsback is een van die Oos-Kaap se mooiste bergreeks streke. Die klein dorpie, Hogsback, is aan die voet van die welbekende "Three Hogs" berge geleë en die dorp is so rustig en asemrowend soos die berg reeks wat die dorps omhels. Hogsback is die volmaakte agtergrond vir die Hogsback Kunste Fees en duisende stroom na die klein hoekie van die land om hierdie fees te geniet.

Nuuswaardig

Die Lion King Musiekblyspel Kom Suid-Afrika Toe

Hierdie jaar gaan ‘n baie spesiale jaar vir Suid-Afrikaanse gehore wees, wat die tiende herdenking van “The Lion King” as ‘n Broadway Musiekblyspel gaan vier. Daar is baie min van ons wat die wonderlike Disney rolprent “The Lion King” misgeloop het, toe dit ‘n paar jaar terug in 1997 uitgekom het.

Buite en Bedrywig

Die ‘My Coke’ Fees 2007

Oor die afgelope paar jaar het Suid-Afrika baie internasionale aandag getrek, in ‘n paar verskeie maniere. Baie van die land se ontwerpers, musikante and akteurs het al internasionale lof ontvang en duisende welbekende besoekers van alle hoeke van die wêreld, swerm na ons kuste, om ons klein paradys vir hulself te ervaar.

Algemeen

Die Splashy Fen Fees

Die Splashy Fen Fees is ‘n jaarlikse buitelug musikale fees wat op die Splashy Fen plaas, wat in die Suid-Afrikaanse Drakensberge gebied geleë is, plaasvind. Hierdie opwindende fees bied met trots die mees bekendste musiek kunstenaars in die land aan. Daar is ook ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat die hele familie kan geniet. Die 2007 Splashy Fen Fees sal vanaf 5 April tot 9 April gehou word, en is ‘n byeenkoms wat jy nie wil misloop nie.

Buite en Bedrywig

Die ‘Go Summer’ Toer

Elke jaar maak duisende Suid-Afrikaners gereed om hulle tasse te pak en na die kus- stede en dorpies te swerm. Hulle sien uit na dae op die warm sand van die strande en aande wat gevul is met vermaaklikheid. Dit is die Suid-Afrikaanse manier om Kersvees te vier en elke jaar swel die kustelike stede met alhoemeer besoekers. Hierdie jaar gaan nie verskillend wees nie en terwyl ouers hulle bekommer oor pad veiligheid en 'n see van vakansiegangers, sal kinders en jong volwassenis uitsien na die ‘Go Summer’ Toer.

Algemeen

Kwaito Musiek in Suid Afrika

Kwaito is in die middel van die Suid-Afrikaanse jeug kultuur. Meer as net musiek, het kwaito die rol onder die swart Suid-Afrikaners geneem, soos “hip hop” in Amerika. Kwaito is basies 'n manier van lewe, en beïnvloed kleredrag, spraak en dans. Kwaito is verteenwoordigend van lewe in die nedersettings, en die ritme in die harte van die Suid-Afrikaanse jeug.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator