Buite en Bedrywig
Voëlkykers in Suid-Afrika gaan die geleentheid kry om hul stokperdjie ten volle te geniet tydens die 5de Sasol Marakele Voëlkyk Wegbreek. Hierdie gewilde gebeurtenis word deur Sasol geborg en sal plaasvind van af 2 tot 4 November 2007 by die Marakele Nasionale Park in Limpopo.
Algemeen
Mokala is die nuutste Suid-Afrikaanse nasionale park wat deel word van die SA Nasionale Parke-groep. Hierdie 19,611 hektaar grootte park is geleë in die heuwelagtige gebied 80 kilometer suidwes van Kimberley. Kimberley Internasionaal is die naaste lughawe indien ‘n toeris daarheen wil vlieg. Vanaf die lughawe kan ‘n motor gehuur of ‘n toerbus gehaal word na die park.