This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Ontdek die Paradys by Zinkwazi

Om ‘n stukkie paradys aan die Noordkus van Natal te beleef, is ‘n besoek aan Zinkwazi ‘n moet. Slegs 80 km noord van Durban aan die mond van die Zinkwazirivier is een van die oudste, tog mooiste, vakansieoorde in Natal te vind. Zinkwazi is ‘n Zoeloenaam wat “plek van die visarend” beteken en doen ten volle gestand aan die naam en is tuiste vir ‘n wye verskeidenheid voëllewe en veral vir die majestueuse visarend wat tuis is in hierdie subtropiese paradys.

Algemeen

Verken die grootsheid van Karkloof Natuurreservaat

Die Karkloof Natuurreservaat is in die Natalse middelande geleë. Hierdie steil area met ‘n platkop met inheemse woude strek van Rietvlei tot by Curry’s Post ─ ‘n afstand van ongeveer 50 kilometer. Die 88 meter-hoë Karkloof waterval is ‘n verstommende gesig en besoekers kan dit geniet terwyl hulle ‘n piekniek hou of selfs braai in die skaduryke omgewing rondom die waterval.

Algemeen

‘n Fantastiese vakansie in Citrusdal

Met die eerste oogopslag lyk Citrusdal in die Wes-Kaap na net nog ‘n klein plattelandse dorpie, maar met nader kennisname word dit duidelik dat die besoeker talle avonture kan ontdek. Soos uit die naam afgelei kan word, is Citusdal bekend vir sy kleurvolle vrugteboorde en natuurlik ook vars lug met die geur van sitrus en dan is daar ook nog die asemrowende Sederberge. Slegs sowat twee uur vanaf Kaapstad is Citusdal ‘n bestemming propvol natuurskoon en talle toeriste aantreklikhede.

Algemeen

Leopard’s Leap Chandelier Bergfiets Uitdaagwedren

Leopard’s Leap Wynmakery is nie slegs bekend vir hul uitstekende wyne nie soos hul Chenin Blank (wat vermeld is in die New York Times) maar ook vir hul groothartigheid. Die wynlandgoed is betrokke by liefdadigheidsgebeure, boekklubs, bewaringspogings en ook vir die hou van gholftoernooie. In samewerking met die Chandelier Wildherberg en Volstruisplaas, Ton’s Sport and Cycle, Beveras en Dryland, bied hulle die Leopard’s Leap Chandelier Bergfiets Uitdaagwedren in Oudtshoorn aan.

Buite en Bedrywig

Die Eden Challenge avontuurresies

Die gewilde Eden Challenge avontuurresies is geskeduleer om van 25 tot 28 Oktober 2007 in die natuurskone Tuinroete van die Wes-Kaap plaas te vind. Die dertiguurresies strek oor ‘n afstand van 250 km wat onderverdeel word in 40 km kanovaart, 150 km met ‘n bergfiets en 70 km stap/draf. Daar is ook ‘n korter resies van 180 km sodat daar iets vir almal is.

Algemeen

Nasionale Boomplantweek in Suid-Afrika

Talle lande oor die wêrerld erken die waarde om die jeug op te voed in die belangrikheid om die omgewing so ‘groen’ as moontlik te hou. Juis hieroor het baie lande ‘n boomplantdag een maal per jaar - ‘n dag waartydens bome geplant word en die belangrike rol wat bome in die lewensiklus speel, beklemtoon word. In Suid-Afrika word hierdie belangrike funksie versprei oor ‘n hele week.

Buite en Bedrywig

Tsitsikamma Canopy Toere

Die Tsitsikamma Canopy Toere in Suid-Afrika sal jou op ‘n avontuur van ‘n leeftyd neem. ‘n Geheimsinnige en betowerende reis na die Tsitsikamma Woud is ‘n avontuur wat nie misgeloop moet word nie.

Algemeen

Namakwaland Suid Afrika

Namakwaland is werklik in area van wonder. Die land lê stil vir nege maande, 'n half woestyn gebied langs Afrika se weskus, en word vinnig herskep in n see van blomme wat die aarde soos n kombers gedek na die reen. Baie toeriste is aangetrokke tot hier asemrowende ontploffing van kleur wat elke jaar in Namakwaland plaas vind. Die aanvraag na toere van die land het ook toegeneem.

Inside SouthAfrica.com

Article illustration Natuur en Geskiedenis langs die Hoogland Kronkelpad
Article illustration Word skeppend met Beadex 2008
Article illustration Draai af verby Loeriesfontein
Article illustration Uitstaande vertonings tydens die Voorkamerfest te Darling
Article illustration Wyn en perde in die Wes-Kaap
Article illustration Avitoerisme groei steeds in Suid-Afrika
Article illustration Volop pret met die Krokodilrivier uitstappie
Article illustration Verken die skouspelagtige Wildekus van Suid-Afrika
Afrigator