Algemeen
Die Wes-Kaap bied baie afleiding aan ─ wye oop vlaktes, majestueuse berge, skilderagtige valleie, wingerde en boorde, kleurvolle veldblomme en vele meer. As hierby nog gevoeg word die sondeurdrenkte dae en vriendelike mense is dit duidelik waarom hierdie gebied die eerste keuse as ‘n toerisme bestemming is. Wine Valley Horse Trails wat in die Paarl-gebied gevestig is, bied ‘n interessante wyse om die gebied te verken aangesien dit aan toeriste die geleentheid bied om die natuurskoon ten volle te geniet.
Algemeen
Die geskiedkundige myndorpie, Kaapsehoop, is ongeveer 25 kilometer vanaf Nelspruit in Mpumalanga. Die Kaapsehoop omgewing bied onoortreflike natuurskoon met watervalle, inheemse woude en ruwe berge. ‘n Groot deel van die grasvelde in die omgewing is tot ‘n Nasionale Bewaringsgebied verklaar en bied heenkome aan talle inheemse voëlsoorte insluitend die bedreigde blou swaweltjie. Binne hierdie diereparadys beweeg die legendariese wilde perde van Kaapsehoop vrylik.
Algemeen
Die J&B Met(ropolitan) is meer as net nog ‘n perderesies byeenkoms. Dit is ‘n byeenkoms van diegene op die top sosiale register asook een van die grootste mode uithanggeleenthede van die jaar. Vanjaar het die J&B Met sy dertigste verjaarsdag gevier in die styl en swier wat sinoniem met die geleentheid geword het. Op 26 Januarie 2008 sal die Kenilworth resiesbaan asook die hele Kaapstad weer oorgehaal wees vir hierdie asemrowende dag van perderesies en ontwerpersmodes.
Algemeen
Te midde van die gewoel van die stadslewe in Gauteng, Suid-Afrika se digsbevolkte provinsie, gaan diereliefhebbers na die Coca Cola koepel in Northgate, Randfontein van 30 November tot 2 Desember 2007 vir Equestria 2007. Soos uit die naam afgelei kan word, is die fokus van hierdie gebeurtenis op alles wat verband het met perde. Die voog van hierdie byeenkoms is Gary Player, die wêreldberoemde gholfspeler wat self ‘n vermaarde ruiter is, en wat die byeenkoms sien as die toonvenster vir plaaslike talent en ook aan ruiters die geleentheid bied om die nodige ervaring op te doen ten einde internasionaal te kan meeding.
Algemeen
Strydig met die populêre opvattings is daar wel ‘n aantal perderasse wat in Suid-Afrika ontstaan het en is steeds baie gewild as ryperde. Nie veel van hierdie perde het egter ooit buite Afrika beweeg nie. Hul waarde as ryperde en as werkende plaasperde kan nooit onderskat word nie. Perdeliefhebbers van ander lande sal verbaas wees om te weet dat daar minstens ses verskillende perderasse is wat hul oorsprong na die Afrika-vasteland kan terugspoor.
Algemeen
Perdry liefhebbers wat opsoek is na 'n baie spesiale ondervinding, kan
gerus 'n draai maak by die Suid-Afrikaanse Lipizzaners se vertoning. Dit is
die enigste Lipizzaner-sentrum in die wêreld wat erken word en wat 'n
affiliasie is van die Spaanse Perdry Skool in Vienna. Die Suid-Afrikaanse
Lipizzaners is een van die min plekke waar jy die asemrowende wit dansers
kan besigtig, terwyl hulle ruiters hulle deur hul passies neem. Die
vertoning is nie net vermaaklik nie, maar is ook opvoedkundig.
Algemeen
Meeste perde ruiters en liefhebbers oor die wereld word baie opgewonde
met die vooruitsig om Afrika se groot 5 van die rug van 'n perd te sien.
Selfs vir diegene wat nie hulself as ervare ruiters sien nie, kan perde
safaris nogsteeds n wonderlike avontuur vir hulle aanbied. Baie min natuur
toere bied hierdie wonderlike geleentheid aan, waar besoekers van die pad af
in die bosse kan in gaan, en fotos van hul gunsteling diere kan neem van n
paar meter weg. Daar is heelwat plekke in Suid Afrika wat perde safaris
aanbied. As jy kan perd ry of die geselskap van hierdie elegante diere
geniet, word jy aanbeveel om sou moontlik navra oor hierdie avontuur, by jou
naaste reis agentskap, te doen.
Nuuswaardig
Die Suid Afrikaanse perde bedryf kan beslis glimlag, nadat daar gese is
dat die verbod van perde uitvoer wat deur die Europese Unie twee jaar terug
ingestel het, by die einde van die maand gelig kan word. Die verbod was
ingestel nadat AHS (African Horse Sickness), wat inderdaat 'n siekte is wat
uniek is aan ons kontinent, sy kop uitgesteek het. Die siekte kan baie
vinnig versprei en die dood van menigde diere veroorsaak. Na die uitbraak
opgemerk is, was n gekontroleerde sone opgestel wat vir die laaste twee
jaar, vry was van die siekte.