Algemeen
Die majestueuse renoster kom beslis intimiderend voor. Met ‘n hoogte van ongeveer 1,8 meter en ‘n massa van amper twee ton, is dit een van Suid-Afrika se ikone. Die dier word dikwels onderskat, want dit het ‘n vinnige humeur en dis onmoontlik om van hom af weg te hardloop aangesien hy oor kort afstande ‘n spoed van tot sestig kilometer per uur kan haal. Oor die laaste paar jaar het die getalle van veral die swart renosters ontstellend gedaal aangesien wildstropers die pragdier byna tot uitwissing gedryf het. Vandag is dit slegs in die beskermde omgewing van wildreservate waar hierdie diere nog voorkom en ongehinderd kan ronddwaal.
Algemeen
Meeste perde ruiters en liefhebbers oor die wereld word baie opgewonde
met die vooruitsig om Afrika se groot 5 van die rug van 'n perd te sien.
Selfs vir diegene wat nie hulself as ervare ruiters sien nie, kan perde
safaris nogsteeds n wonderlike avontuur vir hulle aanbied. Baie min natuur
toere bied hierdie wonderlike geleentheid aan, waar besoekers van die pad af
in die bosse kan in gaan, en fotos van hul gunsteling diere kan neem van n
paar meter weg. Daar is heelwat plekke in Suid Afrika wat perde safaris
aanbied. As jy kan perd ry of die geselskap van hierdie elegante diere
geniet, word jy aanbeveel om sou moontlik navra oor hierdie avontuur, by jou
naaste reis agentskap, te doen.
Algemeen
Terwyl jy rustig deur die lug sweef kyk jy oor die rand van die mandjie
en sien die pragtige lande, valleie en riviere onder jou. Dit is die
wonderlike lugballon safaris in Suid Afrika. Daar is nie n beter manier om
die Suid Afrikaanse landskap te leer ken nie. Lugballon safaris in Suid
Afrika bied die besoeker n unieke avontuur, en die vryheid om op die vlerke
van die wind te seil. Terwyl lugballonne in die verlede n vorm van vervoer
was, het die lugballon safaris 'n populêre aktiviteit onder toeriste
geword.
Algemeen
Met 'n gedruis onder jou terwyl jy stadig deur die bos beweeg, weet jy dat
die gedreun nie van 'n enjin af kom die, maar jou binneste wat gedraai word
deur n lewende dier, n olifant. Daar is nie n beter manier om die Afrika
dierelewe te besigtig nie, as van die rug van n olifant af nie. Die olifant
rug safaris in Suid Afrika is beslis n onvergeetbare ondervinding wat jou
siel sal aanraak. Suid Afrika se olifant safaris is die perfekte manier om
na aan die dierelewe te kom, met n saggeaarde reus as jou metgesel. Olifant
rug safari’s in Suid Afrika is beskikbaar by verskeie plekke in Suid Afrika
en is definitief die onkoste werd.