Oprah Winfrey se Leierskap Akademie vir Meisies
‘n Groot aantal Suid-Afrikaanse meisies van minder bevoorregte agtergronde, kan uitsien na ‘n 2007 propvol hoop, geleenthede en ‘n toekoms wat opvoeding insluit. Die Oprah Winfrey Leierskap Akademie is in Henley-op-Klip gebou, in Meyerton, om toekomstige Suid-Afrikaanse leiers op te voed, waar hulle voorheen nie die geleenthede sou gehad het vir goeie opvoeding nie. Die skool het Dinsdag, 2 Januarie 2007, sy deure oopgemaak met ‘n verskeidenheid welbekende sterre en baie opgewondenheid.











