This Blog is also available as an RSS Feed

Nuuswaardig

Tsotsi - Oscar vir beste uitheemse taal rolprent

Dit was seker die grootste oomblik in the geskiedenis van die Suid Afrikaanse rolprent bedrwyf. Tsotsi, die film wat die lewe van 'n skurk in Johannesburg volg, het die Oscar vir die beste uitheemse taal rolprent by die jaarlikse Academy Awards, op Sondag die 5de Maart 2006, gewen.

Die rolprent is gebaseer op n roman wat geskryf is deur Athol Fugard. Die direkteur, Gavin Hood, het die storie in n meer moderne agtergrond geskep, en die hoof karakter omskep in n man wat groot geword het as n Vigs weeskind. Tsotsi vertel die waagmoedige verhaal van n skruk, vertolk deur Presley Chewenyagae, en sy onderhandelinge met n Johannesburg se bende. Die hoof karakter is onaangetas deur die geweldadige wereld waarin hy lewe, en sien sy aksies as normal, wanneer hy iemand met n mes steek vir geld, of n bakleiery veroorsaak met hawelose mense. Alles verander wel, wanneer hy een aand n vrou skiet en haar motor kaap. Dit is nie lank voordat hy agterkom dat daar n babatjie in die motor se agterste sitplek is nie. Die babatjie wek emosies van simpatie, terwyl hy poog om die baba te voer en te versorg. Presley Chewenyagae speel n skitternde rol as die geharde bende lid, teenoor die siels beseerde man binne in hom.

Direkteur, Gavin Hood, vertel dat Tsotsi beoog om n storie te skep wat n algemene moreele boodskap dra. Die wereld waarin Tsotsi homself vind, is wreed en onsimpatiek, en word uitgebeeld deur die hardvogtige realiteit van die film. Die emosies waardeur die hoof karakter werk, word gesien in die tonele waar hy terug keer na die huis waarhy groot geword het, wat uit opeengehoopte sement pype bestaan. Dit is waar n meenigde weeskinders hul nagte deur bring.

Tsotsi was die tweede Suid Afrikaanse rolprent wat genomineer is deur die Academy Awards, met eerste nominasie wat vir die rolprent “Yesterday” was in 2004, ook in die kategorie vir beste uitheemse taal film. Gavin Hood het die Oscar aanvaar met die woorde, “God Bless Africa”. Tsosti is n uitstekende voorbeeld vir die Suid Afrikaanse rolprent bedryf, en het bewys dat die rolprent al die standarde het wat nodig is om bo uit te kom.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.