This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Verken die geheimsinnige Egogrotte

Toe beeste spoorloos begin verdwyn op die plaas waar die Egogrotte geleë was in die vroeë 1920’s, het die oorspronklike eienaar sy vermiste vee begin soek. Hy het spoedig tot die besef gekom dat die beeste nie verdwyn het nie, maar in ‘n grot gegaan het waarvan hy nie te vore bewus was nie. Sy verbasing en nuuskierigheid met die ontdekking het hom op ‘n avontuur geneem toe hy ‘n grot binne gegaan het wat ‘n verstommende sestig meters hoog was.

Geleë in die noordelike Drakensberg, naby Ohrigstad in Mpumalanga, is die Egogrotte omring met asemrowende landskappe en heuwels. Die grotte is tot ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar en was ooglopend ‘n belangrike aspek in die geskiedenis van die gebied aangesien verskeie artefakte in die grotte gevind is. Die grotte is nou bekend as van die oudste kalksteen grotte ter wêreld. Die feit dat die grotte nie gekommersialiseer is nie, veroorsaak dat die Egogrotte bykans onaangetas is en begeleide toere kan in kleiner en meer persoonlike groepies onderneem word.

Dit word geglo dat die grotsisteem vir ‘n verdere veertig kilometer strek, maar die werklike lengte is steeds onbekend aangesien die totale stelsel nog nie verken is nie. Die begeleide toere neem besoekers deur twee kilometer en duur ongeveer vyf en veertig minute. Beligting in die grotte asook trappe en traprelings verseker veiligheid en toeganklikheid vir besoekers. Soos meer van die grotte ontdek word, word die lys van asemrowende sale net groter. Die stalagmiete en stalaktiete in die grotte skep ‘n wonderlike gesig en die jongste toevoegings wat by die toer gevoeg is, is daar nou die sogenaamde Kristalpaleis en Madonna-kamer. Die naam, Egogrotte, is verkry van die rotsformasies in die grotte wat, wanneer daarteen gekap word, ‘n klank voortbring wat kilometers ver in die grotte gehoor kan word. Daar word geglo dat van die vroeë bewoners van die gebied juis van hierdie eienskap gebruik gemaak het om teen aankomende gevaar te waarsku en dat dit die mense tyd gegee het om in die grotte in te vlug. Spesiale toere dieper in die stelsel in kan gereël word, maar word beslis nie aanbeveel vir mense wat aan engtevrees ly nie.

Die museum, naby die grotte, is ook ‘n fassinerende aantrekkingskrag en vertoon wonderlike artefakte en rare fondse uit die grotte. Egogrotte bied aan besoekers gerieflike akkommodasie in elf beskikbare kamers en ook ‘n jeugherberg. Beide die grotte en die omliggende gebied is die moeite werd om te verken aangesien daar talle antwoorde op die verlede en sy ryke erfenis gevind kan word.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.