This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Verken die lugruim by Thunder City

Na rolprente soos Top Gun of spannende dokumentêre prente oor werklike luggevegte wens baie kykers dat hulle ook die geleentheid kan kry om die lugruim aan te durf. Maar nie in ‘n lugreus van ‘n kommersiële redery of in ‘n klein privaat vliegtuigie nie, maar wel in ‘n straalvegter wat deur die lugruim klief teen duiselingwekkende snelhede. Ongelukkig kom die meeste van ons nie nader daaraan as aan ‘n lugskou of ‘n lugvaartmuseum nie. Maar daar is wel ‘n plek waar sulke drome bewaarheid kan word en wat die ervaring van ‘n vegvlieënier binne bereik van almal plaas, en dis by Thunder City.

Die genot om vinniger as klank te vlieg of om die rimpeling van supersoniese golwe te ervaar en ‘n andrenalienkoors te ontwikkel terwyl jy ‘n vyandelike teiken gevaarlik na aan die grond nader is waarvan rolprente gemaak is. By Thunder City kan hierdie droom bewaarheid word. By Kaapstad, digby die internasionale lughawe, is die hoofkwartier van Thunder City Eskader. Besoekers kan hier kies uit ‘n verskeidenheid van vlugprofiele en kombinasies. Jy kies of jy spoed verkies of liefs beweeglikheid of dalk lugtoertjies. Thunder City bied dit alles.

Die vloot militêre vliegtuie tot die Thunder City Eskader se beskikking sluit twee baie skaars vliegtuie in. Die Bae Buccaneers en die Britse Electric Lighnings word nêrens elders meer ter wêreld gebruik nie en is dus ‘n waarlik unieke ervaring. Die Britse Electric Lighnings is ‘n supersoniese straal onderskeppingsvliegtuig wat tydens die sogenaamde Koue Oorlog in gebruik was en die Bae Buccaneers is ‘n straal bomwerpers wat kernwapens kan aflewer. Die Eskader se laaste troefkaart is die vloot van Hawker Hunter stralers wat bekend geword het as die beste vliegtuig wat ooit deur die Britte gemaak is.

Die vlieëniers by Thunder City is hoogs opgeleide beroepsvlieëniers wat altyd die veiligheid van hul passasiers voorop stel. Noodsaaklike opleiding oor kommunikasie, suurstof en die gebruik van die uitskietstoel word verskaf voordat gaste vertrek op hulle vlug van ‘n leeftyd. Hierdie vlieëniers en hul vliegtuie kan ook gesien word wanneer hulle hul talent by lugskoue en vertonings bekendstel. Tydens ‘n besoek aan Kaapstad maak ‘n besoek aan Thunder City ‘n prioriteit om die krag en glorie van militêre vliegtuie te ervaar.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.