This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Verken die Ongerepte Landskap van Madikwe

Geleë in die Noordwes Provinsie aan die grens van Botswana, is die 75 000 hektaar Madikwe Wildreservaat wat ‘n tuiste bied aan 66 soogdierspesies, insluitend die “Groot Vyf” van Afrika ─ die leeu, die olifant, die buffel, die renoster en die luiperd. Meer as 300 voëlspesies, beide permanente inwoners en trekvoëls, is aangeteken. Uitsonderlike voorbeelde van roofvoë is hierby ingesluit.

Die Madikwe Wildreservaat is ongeveer drie uur se reis per motor vanaf Pretoria en Johannesburg wat dit natuurlik maklik toeganklik maak vir Suid-Afrikaanse en oorsese besoekers. Daar is ook ‘n landingstrook vir vliegtuie ten einde die daaglikse heen-en-weer vlugte tussen die O R Tambo Lughawe en die reservaat te akkommodeer. Die groot verskeidenheid ten opsigte van plantegroei en terreingesteldheid ondersteun ‘n wye verskeidenheid wildsoorte en bied ‘n legio geleenthede vir wild en voëlbesigtiging. Groot oop vlaktes en bosagtige gebiede met die ruwe Rant van Tweedepoort wat deur die gebied sny word aan die suidekant begrens met die Dwarsbergreeks. Vir die beveiging van beide mens en dier is daar ‘n geëlektrifiseerde grensheining rondom die reservaat. Daar is talle privaat hutte in die reservaat en dit bied akkommodasie om alle begrotings te pas.

Een van die wêreld se grootste hervestigingsoperasies ─ Operasie Phoenix ─ het vanaf 1991 tot 1997 hier plaasgevind en het behels dat 8 000 diere van 28 spesies suksesvol in die Madikwe Wildreservaat losgelaat is. Hierdie operasie het olifante, hiënas, renosters, leeus, buffels, kameelperde en Kaapse wildehonde asook boksoorte en ander grasvreters ingesluit.

Die Madikwe Wildreservaat is ‘n tasbare bewys van sy suksesvolle bewaringsbeleid wat ingestel is om hierdie unieke gebied van Kalahari doringveld te bewaar. Besoekers kan die ware gees van van ongerepte Afrika hier ervaar waar elke plant, insek en dier deel vorm van ‘n byna volmaakte ekologiese balans. Dag en nag besigtigingsritte in oop safari voertuie onder leiding van ingeligte wildbewaarders is ‘n integrale deel van ‘n besoek aan die Madikwe Wildreservaat. Besoekers bly op die uitkyk vir olifante, buffels, seekoeie en swart en wit renosters, erdvarke, jakkalse, hiënas, wildehonde en ‘n verskeidenheid meerkatte. Daar is ook Afrika-wildekatte, cheetahs,otters en ratels, blesbokke, wildebeeste, bosbokke, duikers, elande, rietbokke, springbokke, waterbokke koedoes en vele meer.

Toekomsplanne sluit in die ontwikkeling van ‘n bewaringskorridor om Madikwe te laat aansluit by die Pilanesberg bewaringsgebied. Dit sal migrasie van diere bevorder en die toerisme potensiaal van die Noordwes Provinsie merkbaar verhoog. As jy belangstel in ‘n wildervaring in die natuur, is Madikwe Wildreservaat die plek.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.