This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Volkswagen AutoPavillion

Volkswagen Suid Afrika was in 1946 in Uitenhage gestig. Uitenhage is 'n klein industrieële dorp wat op die buite wyke van Port Elizabeth geleë is, op die Tuin Roete in die Oos-Kaap. Die heel eerste Volkswagen Beetle, het van die produskie lyn afgerol op 31 Augustus 1951, en hierdie klein karretjie was die begin van suksesvolle voetuig oorheersing binne die Suid Afrikaanse voertuig mark. Volkswagen Suid Afrika se mark aandeel het verdubbel vanaf die 1980’s en het 'n groot voertuig vervaardiger binne Suid Afrika geword.

Volkswagen Suid Afrika het hulle 50ste verjaardag in 2001 gevier, en het met trots gekyk hoe die Golf 4 1.6, uit die produksie lyn uitgerol het. Dit was hulle 100 000ste uitvoer motor. Volkswagen Suid Afrika het getrou gebly aan die publiek se vereistes deur baie veranderende tye, met die onhulling van nuwe voertuie en bygebly met die konstante opgradering van motor werksverrigting en bykomstighede. Vandag, kan Volkswagen Suid Afrika met trots sê, dat hulle inderdaad die vervaardigers is van die publiek se motors en die meerderheid van motors wat binne Suid Afrika verkoop word, is Volkswagen.

Met so 'n suksesvolle rekord, was dit net gepas dat die Volkswagen Autopavillion sy deure in Maart 2004 oopgemaak het. Die Volkswagen Autopavillion is langsaan die hoof ingang van Volkswagen Suid Afrika in Uitenhage geleë. Die gebou is so modern en tegnologies bevorder soos sy ampsgenote in Wolfbürg (Autostadt) en die Audi Museum (Ingolstadt – Duitsland). Om by te hou by die nuutste modes, terwyl hulle by die geskiedenis van Volkswagen Suid Afrika byhou, is die 13 miljoen rand AutoPavillion projek 'n gebou waarvan Volkswagen en die bewoners van Uitenhage en Port Elizabeth op trots kan wees.

Die Volkswagen AutoPavillion vertoon 'n verkeidenheid motors wat van die eerste Beetle wat in Suid Afrika beskikbaar was in 1951 tot die laaste Beetle was in 1979 gebou is, strek. Daar is ook waardevolle geskiedkundige motors en konsep motors. Die Volkswagen AutoPavillion het ook video voorstellings, interaktiewe fasiliteite en skyfie-vertonings. Uitstallings bied ook baie informasie in verband met spesifieke uitstallings, insluitende geskiedkundige en huidige feite, wat die besoeker die vryheid gee om op sy eie tyd te leer van die motors. Die boetiek het 'n wye verskeidenheid Volkswagen artiekels en memorobilia wat die publiek kan koop. Toere van die Volkswagen fabriek is oop vir die publiek en toere begin en eindig by die AutoPavillion.

Enige Volkswagen geesdrigtige, of selfs motor liefhebbers in die geheel, sal beslis hulle tyd hier geniet, want daar is iets vir almal. Die ouer gaste sal die tye onthou en die herinneringe geniet wat hulle in 'n Volkswagen gemaak het, terwyl die jonger besoekers kan sien hoe die tegnologie en motors oor die jare verbeter het en kan staan en droom van die Volkswagen wat hulle eendag wil bestuur.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.