This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Volstruis Ritte in Suid Afrika

Baie besoekers aan hierdie afwisselende land, sal seker die Klein Karoo verby steek, sonder wete van die unieke ondervindings wat hier wag. Net soos in enige hoek van die land, is daar baie om te sien en om te doen. Volstruis ritte en resies is net een van die opwindende ervarings wat hier wag. Hierdie spesifieke voel word in sy duisende in die klein plaas dorpie van Oudtshorn gevind. As jy al ooit gewonder het oor hierdie besonderse geveerde kreature, is Oudthoorn die plek om te wees. Dit is ook een van die min plekke in Suid Afrika waar jy Volstruis Ritte kan ondervind.

Oudtshoorn het bekend geword in die 1800’s toe volstruis vere oor die hele wereld n noodsaaklike mode bykomstigheid geword het. Geen kleding stuk was voltooi sonder n stukkie veer, of volstruis veer ‘boa’ om n dame se nek nie. Die half woestyn gebied was gevind om die beste area te wees vir die boer met volstruise en dit was nie lank voor die spoorwee in 1913, verstrek was nie. Die dorpie het begin lewe kry met n oorvloed miljoener boere. Die dorpie het vinnig begin gevul word met “veer paleise” wat kolossale sandsteen geboue was, met luukse ornamente en ingewikkelde staal tralies. Die hoe plafonne was versier en die vensters versier met gekleurede glas. Vandag staan hierdie geboue as herinnering van die meer ryker dae. Die volstruis veer mark het n afname in koope gesien geduurende die Eerste Wereld Oorlog, maar het stadig hulle pad terug baklei met die toename van toerisme.

Vandag is daar meer as een volstruis plaas wat oop is vir die publiek. Moderne volstruis plase is meer gefokus op eiers, vleis en leer, as die vere mark wat hulle gevestig het. Bedekte of ingegrafeerde volstruis eiers kan n redelike klompie geld inbring, en die aanvraag na volstruis vleis het vermeerder. Volstruis leer is sag en buigbaar, en word vir n wye verskeidenheid leer produkte gebruik, plaaslik en internasionaal. Jou toer van n volstruis plaas in Oudtshoorn begin gewoonlik met n fasineerende toer van die fasiliteite. Jy sal leer hoe die eiers in broeimasjiene versorg word en die versorging van die kuikens. Later sal jy voorgestel word aan die vriendelike geveerde bewoners van die plaas, wat jy kan voer met die hand en partkeer self n drukkie voor kan gee.

Wanneer die toer na n einde toe kom, sal meeste van die plase jou die geleentheid gee om op een van die wonderlike voels te sit. Daar is egter n gewigs beperking. Besoekers wat meer braaf is, kan ook die reuse voels ry, maar dit is nie vir die met 'n swak hart nie. Die ruiter sit heel ongemaklik after die voel se vlerke en moet vooroor leun om aan die voel se nek vas te hou. Die kap word dan van die volstruis se kop verwyder, en dan begin hy dadelik by die baan af hardloop. Al kan wilde volstruise 'n spoed van 70 kilometer n uur bereik, is dit heel onwaarskynlik dat hy dit in n geslote area sal bereik. Na die resies, gly die ruiter by sy rug af, en die ruiter is vry om na sy familie en vriende terug te keer, en sy ongelooflike beleefenis oor te vertel. Na die besoekers resies, is daar n kans dat die plaaslike “joggies” die skare sal vermaak deur n volstruis resies byeenkoms.

Nog n opsie wat baie populer geword het, is om op voltruis eiers te loop. Die dik, geharde dop is uiters weerstaanbaar en die publiek word genooi om dit vir hulself uit te toets. Daar is nie n gewigs beperking nie, en is ook nie so uitputtend soos volstruis ry nie. Toere word ook in verskeie tale aangebied, en volstruis ry lesse en advies kan ook in die tale oorgedra word. As jy dit geniet om in meer ongewone aktiwiteite deel te neem, moenie van die Volstruis Ritte in Suid Afrika vergeet nie.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.