This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Vredefort Koepel

Suid-Afrika is trots op sy 7 Wereld Erfenis Persele, wat gesien word as persele met belangrike kultureële, natuurlike en geskiedkundige waarde. Een van hierdie natuurlike erfenis persele is die Vredefort Koepel in Suid-Afrika se Vrystaat Provinsie. Die oudste en die grootste meteoriet impaksone in die wereld en Vredefort Koepel het fasineerende kenmerke wat toeriste se besoek aan hierdie sone die moeite werd sal maak.

Natuurwetenskaplikes glo dat die meteoriet impak struktuur, of Vredefort, ongeveer 2 000 miljoen jaar terug gevorm is. Volgens navorsing kan die natuurwetenskaplikes met redelike sekerheid sê, dat 'n meteoriet groter as Kaapstad met die aarde gebots het. Die impak het 'n krater veroorsaak, wat ongeveer 400 kilometer in deursneë is, en 'n radius het van 190 kilometer, wat vandag nog sigbaar is. Aardkundiges het ontdek dat die area se klein heuwels en valleie, wat in die vorm van 'n koepel is, deur die groot impak van die meteoriet gemaak is. Hierdie ring heuwels was gevorm deur jare se erosie van die koepel, wat oorspronklik gevorm was toe die rotse onder die impak punt teruggekaats het.

Die Vredefort Koepel word gesien as die grootste en oudste impak strukteer op aarde, wat nog sigbaar is. Dit is groter as die welbekende Sudbury impak sone in Kanada, wat 'n deursneë van ongeveer 200 kilometer het. Die heuwels van Vredefort is gekenmerk deur graniet rotse. Toe die meteoriet die aarde geslaan het, het dit groot krake in die rotste onder die impak sone veroorsaak. Die gesmelte rots het toe in die krake ingehardloop, en kan vandag as die donker rots kranse gesien word.

Baie Natuur-wetenskaplikes glo dat die Vredefort Koepel testament is van die grootse energie vrylatende ervaring op die aarde, en dink dat dit gelei het tot globale veranderings en selfs evolusie transformasies. Die struktuur word gesien as 'n perseel wat baie die insig gee van die evolusie van die Aarde asook die belangrike bewyse van die planeet se geologiese geskiedenis. Dit is vir hierdie redes dat die Vredefort Koepel as 'n Wereld Erfenis Perseel benoem is.

Bo en behalwe die wonderlike geskiedenis en geologiese belange van die Vredefort Koepel, het die area ook 'n reeks avontuur aktiwiteite om te geniet. Na die toer van hierdie geologiese struktuur, kan toeriste en besoekers perdry, staptoere doen, vlotvaart aanpak, "ab"-seil, fietsry of hulle hand probeer in boogskiet. Of jy kan jou fasinerende toer van die area voorsit met 'n besoek aan die Venterskroon Wilde Olyf woude, plaaslike distilleerders of Anglo-Boere Oorlog liggings.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.