This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Walvis Kyk in Suid Afrika

Suid Afrika, die land waar die warm water van die Indiese Oseaan, die koue waters van die Atlantiese Oseaan ontmoet. In hierdie pragtige waters, wat oorvloei met lewe, kan toeriste die ondervinding van n leeftyd kry, deur die geleentheid te kry om die wereld se grootste dier te besigtig – die walvis! Tussen die Junie en November maande kan besoekers hierdie wonderlike dier dop hou, van die kus of op 'n boot. Dit is definitief n geleentheid wat geen besoeker wil misloop nie.

Die Southern Right Walvisse beweeg van die Atlantiese Oceaan na die Wes Kaap se kus om geboorte te gee en hul kleintjies te versorg. Vanaf Kaapstad tot by Durban hardloop 'n strook al langs die kus, wat die Walvis Roete genoem word. Die roete sluit die pragtige Tsitsikamma en die hele Tuinroete in. Binne die oceane wat aan die Suid Afrikaanse kus is, is daar ongeveer 37 walvis en dolfyn spesies. Op die Walvis Roete kan besoekers verseker wees om die Southern Right walvis te sien en die Humpback walvisse wat na die Suid Afrikaanse kus migreer tussen Mei en Desember. Hermanus, is beslis een van die welbekendste plekke vir walvis kyk. Die rede hiervoor is dat die kranse in Hermanus jou ongelooflik naby aan die water en aan hierdie mooie dier kan kry. Ander plekke wat ook populer is vir walvis kyk is, Lambert’s Baai, Saldanha Baai, False Baai, Betty’s Baai, Gansbaai, Kaap Aguhas, De Hoop, Still Baai, Mossel Baai, Ballot’s Baai, Victoria Baai, Knysna Koppe, Plettenberg Baai en die Robberg Peninsula. Al langs hierdie roete kan die besoeker verseker wees van pragtige landskappe, n land vol diere lewe en voels wat van see voels wissel tot pikkewyne, en tot nou en dan n rob. Dit is n totale natuur avontuur. Al langs die kus sal toeriste op verskeie plekke bordtjies vind wat inligting verskaf op die see lewe en diere van Suid Afrika.

Die beste manier om hierdie fantastiese dier te sien, is deur n boot toer. Kan jy die opwinding indink, terwyl jy rustig op die water dryf, en skielik die kolosale skadu onder jou sien! En dan, net n paar meter van jou af, rys die ongelooflike dier uit die water om lug te skep. Om reg langs aan n beskermende ma en haar kleintjie te wees. Dit is waarlik asemrowend!

Terwyl jy na die pragtige diere kyk, sal jy sekere tipes gedrag kan raak sien. Die uitblaas van water is hoe hulle asem haal, en die klap van hulle massiewe sterte, word geglo, is deel van hulle kommunikasie proses. Walvisse sal soms heeltemal uit die water uitrys en dan met 'n geraas weer in die water val, en dit word gedink dat hierdie aksie of deel is van hulle kommunikasie, of help met die ontslae raak van parasiete, of dalk net gedoen word vir oefening. Partykeer sal die walvisse ook net kop uitsteek om vinning te sien wat om hulle is.

Suid Afrika is 'n vinning groeiende walvis kyk destinasie met sekere parke wat tot op die kus strek, wat besoekers die geleentheid gee om olifante te kyk, en dan kus langs te reis vir die walvisse. Besoek gerus Suid Afrika se kus, en gaan kyk na die mees asemrowendse dier op aarde, die walvis.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.