This Blog is also available as an RSS Feed

Nuuswaardig

Wêreldklas Nedbank Gholf Toernooi

Sun City in Suid-Afrika is wêreldwyd bekend as een van Afrika se voorste vakansieoorde wat ‘n wye verskeidenheid ontspannings- en vermaaklikheidsgeleenthede bied wat ook dobbel en gholf insluit. Geleë in die natuurskone Pilansberg met sonnige dae en talle wildplase in die omgewing is dit waarlik ‘n droombestemming vir vakansiegangers. Die jaarlikse Nedbank Gholftoernooi is nog ‘n goeie rede om Sun City te besoek. Vanjaar vind die uitdaagreeks plaas vanaf 29 November tot 2 Desember. Hierdie jaarlikse uitnodigingstoernooi is gewild by spelers asook toeskouers hetsy laasgenoemdes gelukkig genoeg is om by die gholfbaan te wees of om dit tuis op televisie te volg.

Die golfbaan waarop hierdie toernooi plaasvind, is deur Gary Player ontwerp wat allerweë beskou word as een van die grootste spelers in die geskiedenis van die spel. Player was betrokke by die ontwerp van gholfbane regoor die wêreld en die Gary Player Buiteklub by Sun City se gholfbaan is beslis van internasionale standaard. Die Nedbank Gholf Uitdaagtoernooi is in 1981 begin met die naam die Million Dollar Challenge met $300 000 van die miljoen wat aan die wenner betaal is. Die prysgeld sowel as die toewysing daarvan het met verloop van tyd verander, maar dit bly steeds een van ‘rykste’ toernooie in wêreldgholf.

Aangesien dit nie ‘n amptelike toernooi is nie vind dit altyd plaas na afhandeling van die PGA-toer en die Europese toer, maar ook wel voor Kersfees. Die 2006 toernooi was die eerste een waar die uitslae in berekening gebring is vir die bepaling van die rangorde van beroepspelers. Dit was egter nie in die verlede ‘n negatiewe aspek nie en van die spelers boaan die punteleer het telkens deelgeneem met die gevolg dat die vlak van bedrewenheid altyd besonder hoog was.

Jim Furyk het die toernooi in 2006 gewen en daarvoor $M1,2 ontvang. Dit was ook die tweede keer dat hy die toernooi gewen het. Die spelerslys vir 2007 sal bepaal word deur posisies op die wêreldranglys, maar sal Jim Furyk as verdedigende kampioen insluit en ook Charl Schwartzel as die wenner van die merietetoekenning van die Suid-Afrikaanse toer.

Gholf entoesiaste sien uiteraard gretig uit na die 2007 Nedbank Gholfuitdaag want hulle weet nou reeds dat dit weer ‘n naelbyt ervaring sal wees.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.