This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Wildervarings by African Dawn Reservaat

Die African Dawn Reservaat was eers ‘n beesplaas in besit van die Hickman-familie. Hulle het ‘n klein wildreservaat op die plaas begin ten einde die paar wilde diere op die plaas te akkommodeer. Hul liefde vir diere het egter veroorsaak dat die reservaat gegroei het totdat dit die African Dawn Reservaat geword het. Genestel indie pragtige landskap tussen Port Elizabeth en Jeffreysbaai nooi die African Dawn Reservaat besoekers om te kom verken en die diere te ontmoet.

Besoekers sal die African Dawn Reservaat as ‘n onvergeetlike ondervinding ervaar. Daar is ‘n wye verskeidenheid diere, mak en wild, en daar is ook ‘n rehabilitasiesentrum en ‘n teelprogram wat beide interssant en opvoedkundig is. Die meeste diere in die resevaat is inheemse Suid-Afrikaanse diere, maar daar is egter ook ‘n paar diere en voëls uit ander wêrelddele om aan plaaslike en oorsese besoekers die geleentheid te bied om diere waarmee hulle nie normaalweg in aanraking sal kom nie, te sien.

Die meeste van die diere en die voëls is met die hand groot gemaak en laat dus toe dat besoekers hul aanraak ─ iets wat natuurlik nie normaalweg in hul habitat sal gebeur nie.Baie van die diere was alreeds mak toe hulle by die reservaat aangekom het of was beseer in so ‘n mate dat dit onmoontlik was om hul weer in hul habitat los te laat. Sulke diere word in ‘n geskikte omgewing geplaas en kan hul lewe slyt in veiligheid en vrede.

Die reservaat het die grootste reeks voëlhokke in die Oos-Kaap en voëlliefhebbers kan meer as twee honderd spesies besigtig waaronder die swartarend en die Knysna Loerie. Bedreigde spesies soos die cheetah, ander boksoorte, erdvarke, skilpaaie, zebras, springbokke en kameelperde loop vrylik in die reservaat. Wildbesigtigingstoere word aangebied en besoekers kan hierdie klein paradys in die kusstrook verder ervaar met staproetes en bergfietsritte. Interaktiewe verkeer met sekere diere is ook moontlik.

Die missie van die African Dawn reservaat is om alle wilde diere in nood te red of om mediese bystand te verskaf waar nodig en om ‘n begrip te kweek by die publiek met betrekking tot bewaring. Daar word ook saamgewerk met ander bewaringsinstansies om die uitwissing van wilde diere te beveg. Die African Dawn reservaat bied ‘n geleentheid aan gesinne en vriende om vir ‘n dag weg te breek vir ‘n piekniek of ‘n braai en om die prag en rustigheid van die natuur te geniet.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.