This Blog is also available as an RSS Feed

Algemeen

Wyn en perde in die Wes-Kaap

Die Wes-Kaap bied baie afleiding aan ─ wye oop vlaktes, majestueuse berge, skilderagtige valleie, wingerde en boorde, kleurvolle veldblomme en vele meer. As hierby nog gevoeg word die sondeurdrenkte dae en vriendelike mense is dit duidelik waarom hierdie gebied die eerste keuse as ‘n toerisme bestemming is. Wine Valley Horse Trails wat in die Paarl-gebied gevestig is, bied ‘n interessante wyse om die gebied te verken aangesien dit aan toeriste die geleentheid bied om die natuurskoon ten volle te geniet.

Hierdie fasiliteit is sewe dae per week beskikbaar en bied een uur, twee uur en vier uur perderitte aan waarby wynproe ingesluit kan word. Ander opsies is byvoorbeeld ‘n twee uur bekendstellingsrit wat ‘n ete, wyn en drankies insluit, terwyl daar ook nag en maanligekskursies aangebied word waarby skemerkelkies ingesluit word. Daar is ook ‘n voldagroete wat twee wynproe geleenthede en ‘n volle middagete insluit. Alle ritte begin by die Rhebokskloof Wynlandgoed en gaan deur die Paarl Natuurreservaat. Ruiters kan uitsien na die skouspelagtige Du Toitskloof bergreeks asook Tafelberg aan die suidekant en die Swartland landbougebied na die weste.

Die perde wat vir hierdie ritte gebruik word is spesiaal geteel vir die tipe terrein en kom uit verskillende perderasse soos die Boerperd, Frieslanders, en Warmbloed-rasse en is goed opgelei en uitgesoek vir hul temperament. Die perde reageer ook goed op verskillende vlakke ruiters ─ van beginners tot ervare ruiters.

Die Wine Valley Horse Trails bied ook as ‘n alternatief soortgelyke togte te perdekar aan. Hierdie fasiliteit is minder veeleisend en besoekers kan in ‘n ontspanne atmosfeer dieselfde natuurskoon en belewenisse as die ruiters ervaar. Met perdekarre is daar ook ‘n 15-minute rit rondom die pragtige Rhebokskloof wynlandgoed asook ‘n een en twee uur wynproe koetsrit ,’n sjampanje ontbyt, voldag en halfdag ritte wat wynproe, maaltye of versnaperinge insluit afhangende van watter pakket gekies word.

Daar is ook ‘n antwoord vir die quod fiets kultus en Wine Valley Horse Trails het ook nou begin met roetes vir die voertuie in die bosse rondom Rhebokskloof Wynlandgoed. Die Wine Valley Horse Trails bied iets vir almal en is ‘n onvergeetlike ervaring.

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.