BEKREK PROMOSIES BIED AAN: ONS JOKE NET! - Western Cape , Cape Town

Shows - Western Cape - Cape Town

BEKREK PROMOSIES BIED AAN: ONS JOKE NET!

When: 19h30, Friday, 10 August 2012
Note: this event may have passed, search for another

Where: Durbanville Ouditorium , Cape Town , Western Cape

Description:

Ons Joke Net! - Komedie Makietie. Kom oefen jou lagspiere op 10 Augustus 2012 om 19:30 by die Durbanville Ouditorium met BekRek se nuutste Afrikaanse Komedie Produksie "Ons Joke Net!" Ons Joke Net! is 'n mengelmoes van humoristiese sang en vars skerp-skerts komedie wat die talente van Vaatjie, van KykNET se Molly en Wors faam, musikant Rooies en komediante Wayne McKay en Brent Niemandt saamgooi in 'n ware Komedie Makietie wat gehore gaan laat skater! Hul humor en gekskeerdery in hierdie trots Suid-Afrikaanse komedie-bredie beloof om die lag-krane oop te draai. Vaatjie het 'n huishoudelike naam geword sedert rolprente soos Poena is Koning, Vaatjie sien sy gat en Stoute boudjies. Hy het ook onlangs 'n nuwe CD, Sersant, vol lekker humoristiese snitte uitgereik. Die groot man met die groot stem, Rooies, is geen vreemdeling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nie. Met sy kenmerkende kwinkslae, vermaaklike liedjies en radio program op Bokradio, is hy een van die Kaap se top kunstenaars! Met Wayne McKay se unieke en uitstaande komedie-styl, kan jy verseker wees van 'n vermaak-rondomtalie wat die maagspiere lekker sal kielie, veral met sy komiese uitkyk op die lewe in die nuwe Suid-Afrika. Brent Niemandt, onlangs genomineer as Komediant van die Jaar by die IKUSASA Toekennings - 'n inisiatief wat 'n platform daarstel vir opkomende Suid-Afrikaanse talent - is 'n vars oorspronklike grapjas wat kreatief en krities kla, ekskuus, gesels oor die getroude lewe! Brent steek die draak met sy eie huwelik, ontleed die pyn, die leiding en dis maar net die skoonma! BekRek is 'n komedie promosie maatskappy wat hom daarop toespits om komedie in die Afrikaanse taal te bevorder.

As jy gespanne, gestres of net futloos is, is BekRek se Komedie Makietie die beste medisyne wat jou sal laat ontspan, ontlaai en van al jou sorge sal laat vergeet. Kaartjies kan bespreek word teen R100 per persoon by Nico op 084 273 7881 of info@bekrek.co.za Vir meer inligting, besoek ons webwerf by www.bekrek.co.za of volg ons op Twitter of Facebook. EINDE Uitgereik deur Yolandi de Wet PR tel 028 316 1177 / 082 7727 519 yolandidewetpr@gmail.com Namens BekRek Promosies Kontak: Nico Niemandt Tel: 084 273 7881 info@bekrek.co.za

 

South Africa Events Calendar

December 2016
S M T W T F S
27 28 29 30 1 2 3
4 5 6 7 8 9 10
11 12 13 14 15 16 17
18 19 20 21 22 23 24
25 26 27 28 29 30 31
1 2 3 4 5 6 7

 

Search Events

 





Combine Flights?













New Business Users, read more and join on the Business Affiliates page.

New Individual Users, join on the Forum Users Registration page.