|
Haai Liza en julle almal
Dankie vir die vriendelike verwelkoming!
Ek kom van Jhb af, maar is in die WTransvaal gebore. Mense wat gereeld in die vriende.com forums deelneem sal my as boereseun84 ken. Ons is daar aangemoedig om hierdie webwerf te besoek en om 'n bietjie lekker te gesels.
Wel vir julle wat my nie ken nie, is ek 'n student, wat omgewingsbewaring nou swot. Ek hou daarvan om te gesels en om soveel vriende as moontlik te hê. Ek stel belang in enigiets wat Suid-Afrikaans is, veral sport en die natuur.
Hoop om van nog 'n paar mense te hoor!
Praat weer!
Boertjie
|