
16th August 2005, 05:15
|
|
Super Moderator
|
|
Join Date: Apr 2004
Posts: 887
|
|
Dunedin, hier kom Jake se Bokke
Quote:
|
Originally Posted by Rapport
13/08/2005 21:42 - (SA)
Dunedin, hier kom Jake se Bokke!
Rudolph Lake
Perth
Nieu-Seeland se klinkende oorwinning gisteraand in Sydney oor Australië plaas die Springbokke se sege verlede naweek in Kaapstad oor die All Blacks in perspektief. Die Bokke is op pad boontoe en straks 'n veel beter span as wat baie kenners glo.
Só meen die Bok-afrigter Jake White nadat hy en die hele Springbok-span gisteraand se kragmeting tussen die Wallabies en die Kiwi's hier in die Wes-Australiese hoofstad op televisie gevolg het.
"Nieu-Seeland is no. 1 op die wêreldranglys en het teen Australië gewys hoekom. Hulle het vroeër die week van Suid-Afrika na Australië gereis en ondanks 'n paar beserings maklik met Australië afgereken.
|
Lees verder.
Liza, die een is vir jou 
__________________
|