Ek loer af en toe in maar gewoonlik is die tyd baie beperk. Ek dink die meeste van ons, hopelik, sal nie sommer die forum vergeet nie. Ek kry deesdae werklik baie min tyd om enigsins op die internet rond te swerf. Kom gewoonlik net vinnig in die aand e-pos lees en dan weer af. Ek is besig om 'n paar kalwers groot te maak met die gevolg dat ek baie vroeg soggens moet op om hulle bottel te gee, dan werk toe en saans wanneer ek van die werk af kom is dit weer bottel gee en dan begin ma knorrig raak as ge te veel voor die rekenaar spandeer. Iets te doen met kwaliteit tyd

. Nie dat ek kla nie. Ek het na jare weer vir my 'n motorfiets gekoop, in my jonger dae het ons dit 'n "road scrambler" genoem maar deesdae is dit glo 'n "dual purpose", met die gevolg dat ek en ma gedurende naweke meestal op een of ander tog is en plekke besoek wat ons in jare nie by uitgekom het nie. Was nou onlangs in die Gamkaskloof of Die Hel soos dit ook bekend staan. Volgende naweek gaan ons al met die agter paaie langs tot in die Langkloof. Ek groet eers maar sal julle van tyd tot tyd sien al hoor julle my nie.
Mooi loop