Go Back   SouthAfrica.com Discussion Forum > Guest Book > Guest Book
User Name
Password
Register FAQ Members List Calendar Search Today's Posts Mark Forums Read


Reply
 
LinkBack Thread Tools Search this Thread Rate Thread Display Modes
  #1 (permalink)  
Old 2nd August 2004, 11:23
boertjie boertjie is offline
Junior Member
 
Join Date: Aug 2004
Posts: 24
Hi julle,

Ek kan nie verstaan hoekom julle eers tyd mors op hierdie Nubianman ou! Hy klaarblyklik goed getik, bly nie in Afrika nie, is rasisties, en ons moedig hom net aan wanneer ons hom aanvat!

Ignoreer hom, al is hy geneig om ons te beledig. Ons het beter opponente as hom al gehad!

Mooi bly almal!

Reply With Quote
  #2 (permalink)  
Old 2nd August 2004, 16:05
liza81 liza81 is offline
Registered User
 
Join Date: Nov 2003
Posts: 1,145
Hey boertjie, aangename kennis en welkom hierso!
Oor liewe nubsie, dis moeilik om stil te bly as hy eers begin om sy bek te rek Meestal is die dinge wat hy te sê het 'n groot source of amusement vir ons. Hy is eintlik heel mak in vergelyking met Tiger, wat nou nie meer met ons is nie (Ek pik 'n sarkastiese traantjie weg)

So waar is jy vandaan? Ek het in Gauteng gebly, maar is op die oomblik in die VSA.
__________________
Reply With Quote
  #3 (permalink)  
Old 3rd August 2004, 09:39
boertjie boertjie is offline
Junior Member
 
Join Date: Aug 2004
Posts: 24
Haai Liza en julle almal

Dankie vir die vriendelike verwelkoming!

Ek kom van Jhb af, maar is in die WTransvaal gebore. Mense wat gereeld in die vriende.com forums deelneem sal my as boereseun84 ken. Ons is daar aangemoedig om hierdie webwerf te besoek en om 'n bietjie lekker te gesels.

Wel vir julle wat my nie ken nie, is ek 'n student, wat omgewingsbewaring nou swot. Ek hou daarvan om te gesels en om soveel vriende as moontlik te hê. Ek stel belang in enigiets wat Suid-Afrikaans is, veral sport en die natuur.

Hoop om van nog 'n paar mense te hoor!

Praat weer!

Boertjie
Reply With Quote
  #4 (permalink)  
Old 3rd August 2004, 10:12
Odin19 Odin19 is offline
Registered User
 
Join Date: Apr 2004
Posts: 122
Howzit Boertjie

Ek sal 'n bietjie http://www.vriende.com gaan uitcheck.

Hoop om jou meer gereeld hier rond the sien.

Cheers.
__________________
If there's a 50/50 chance that something can go wrong...
9 out of 10 times it will.

Reply With Quote
  #5 (permalink)  
Old 3rd August 2004, 11:10
boertjie boertjie is offline
Junior Member
 
Join Date: Aug 2004
Posts: 24
Dankie, ons sal seker verder praat!

Hou van daai uitdrukking van jou onder die boodskap dis nogal waar in die geval van baie mense, maar ek is nie baie cynnical nie, net 'n regte ou jaap!

Sien julle!
Reply With Quote
  #6 (permalink)  
Old 3rd August 2004, 20:18
liza81 liza81 is offline
Registered User
 
Join Date: Nov 2003
Posts: 1,145
Boertjie, dis ek wat daai boodskappie op vriende gepos het. Ek's seker jy kan sien hoekom ek gereken het ons het meer vriendelike mense hierso nodig!
__________________
Reply With Quote
  #7 (permalink)  
Old 4th August 2004, 13:46
boertjie boertjie is offline
Junior Member
 
Join Date: Aug 2004
Posts: 24
Nee wat ek stem 100% saam met jou Liza. Jy weet, daar's niks erger as mense wat altyd baklei en vir mekaar sleg probeer laat lyk nie! Dis hoekom ek die kommentaar gelewer het op die open forum blad, kom ons ignoreer die moelikheidmakers en geniet die webwerf soos hy geniet moet word, lekker gesels, nuwe vriende/vriendinne ontmoet en net lekker kry hierso!

Daar moet seker iets interresants wees waaroor ons kan gesels, ek sal probeer dink....
Reply With Quote
Reply


Thread Tools Search this Thread
Search this Thread:

Advanced Search
Display Modes Rate This Thread
Rate This Thread:

Posting Rules
You may not post new threads
You may not post replies
You may not post attachments
You may not edit your posts

BB code is On
Smilies are On
[IMG] code is On
HTML code is Off
Trackbacks are On
Pingbacks are On
Refbacks are On



All times are GMT +2. The time now is 16:07.


Content Relevant URLs by vBSEO 3.0.0 RC4 © 2006, Crawlability, Inc.