|
|||||||
![]() |
|
|
LinkBack | Thread Tools | Search this Thread | Rate Thread | Display Modes |
|
|||
|
500 policemen commit suicide in 5 years
KAAPSTAD. – Ondanks verskeie ondersteuningsprogramme van die polisie om selfmoord onder sy lede te bekamp, het sowat 500 beamptes die afgelope vyf jaar landwyd hul eie lewe geneem.
Die kwessie van selfmoord onder polisielede en hul gesinne is onlangs weer op die voorgrond geplaas toe mnr. Francois Arnold Coetzee (44), man van supt. Katrina Coetzee, wat by die Wes-Kaapse polisiehoofkantoor in Groenpunt werk, homself en die egpaar se twee kinders, Arnina (8) en Ancois (6), vroeër vandeesmaand in hul huis in Kuilsrivier om die lewe gebring het. Mnr. Coetzee was ’n oud-polisieman wat die diens in 2002 weens mediese redes verlaat het. Dié gesinstragedie was die tweede wat supt. Coetzee getref het nadat haar eerste man, wat ook ’n polisieman was, in 1991 homself en hul twee kinders op Saldanha om die lewe gebring het. Sr.supt. Mohlabi Tlomatsana, nasionale woordvoerder van die polisie, het vandeesweek bevestig 500 polisielede het die afgelope vyf jaar landwyd selfmoord gepleeg. Hy wou nie syfers oor die Wes-Kaap bekend maak nie. Volgens Tlomatsana is selfmoord ’n baie ingewikkelde menslike verskynsel en dit moet in die konteks van elke individu se unieke omstandighede verstaan word. “Die situasie is nie verskillend vir polisielede en lede van die publiek nie. Individue beweeg op veelvoudige vlakke en ’n kombinasie van faktore kan tot selfmoord lei. “Faktore wat met polisielede vereenselwig word, sluit in probleme met verhoudings, huwelike, drank, post-traumatiese stres, depressie, angs- en gedragsafwykings, finansies sowel as werkverwante kwessies en chroniese siektes. “Dié faktore is geïdentifiseer as algemeen onder lede. Dus kan geen enkele verduideliking die baie fasette van selfmoord genoegsaam verklaar nie.” Tlomatsana het gesê dit moet verstaan word dat elke individu sy of haar eie persoonlike omstandighede het en dat dit ook ’n bydraende faktor kan wees. “Om individue te help, het die polisiediens ’n gevestigde werknemershulpdiens wat ondersteuning aan lede verskaf en hulle toerus met die bekwaamheid om opgewasse daarteen te wees.” Dié hulpdiens is beskikbaar vir alle polisielede en hul onmiddellike families en word bedryf deur sielkundiges, maatskaplike werkers en kapelane. Volgens Tlomatsana bestuur die hulpdiens die nasionale selfmoordvoorkomingsprogram. Die program behels ’n bewusmakingslypskool wat in een dag gehou word. Dit word in vier dele aangebied en fokus op selfmoordmites en waarskuwingstekens, wat om te doen as iemand selfmoordneigings het, ingryping op die toneel en stresreaksies. Tlomatsana het gesê lede word in die slypskole gedurig bewus gemaak van die verantwoordelikheid wat hulle teenoor hulself en hul kollegas het. Publikasies word ook gereeld binnenshuis gebruik om lede in te lig oor relevante inligting en dienste wat hulle in moeilike omstandighede kan ondersteun. Trauma-ontlonting, psigoterapie en berading word bykomend aan lede verskaf. Verder word ondersteuningsprogramme regdeur die jaar aangebied en ’n goed gevestigde MIV/vigsprogram is ook beskikbaar. ’n Hulplyn, wat dag en nag bedryf word, is ook vir lede en hul gesinne beskikbaar. Tlomatsana het gesê dié dienste word gratis gebied en dat hy lede aanmoedig om die werknemershulpdiens se programme by te woon. http://www.news24.com/Die_Burger/Wes...866798,00.html
__________________
************************************* Dumelang! Sanibona! Goeie dag! Good day! ************************************* ![]() Hello,and welcome. South Africa.com welcomes all who want to learn more about the diverse cultures and people of this beautiful country. WOESTYNRYER Beachbum,Philosopher and inventor of African Techno music with a kwaito beat.
|
![]() |
| Thread Tools | Search this Thread |
| Display Modes | Rate This Thread |
|
|