Athol Fugard – Suid Afrikaanse Dramaturg

Athol Fugard, is ‘n internationaal bekende en prys-wennende, Suid Afrikaanse
Dramaturg. Tsotsi, wat geskryf was deur Athol Fugard in 1989 en tot lewe
gebring is in ‘n film in 2005, het die Suid-Afrikaanse film bedryf onder die
kalklig gebring. Beter bekend vir sy insig in die lewens van Suid-
Afrikaners, het Athol Fugard as n wit man, die grense van kleur in sy skryfwerk verbreek. Kom ons kyk vlugtig na hierdie unieke man.

Athol Fugard is as Herold Athol Lanigan Fugard in 1932, in Middelburg
Suid-Afrika gebore. Sy ouers was albei Afrikaans- en Engels-sprekend, en
Athol het by die Universiteit van Kaapstad studeer tot hy besluit het om
deur Afrika te toer en later op ‘n skip gewerk het, wat hom oor die wêreld
geneem het.

Fugard het probeer om toneel te speel, maar het besluit om eerder die
tonele te skryf. Die meeste van Fugard se werk is geskryf met Suid-Afrika
as die agtergrond. Sy karakters is so goed ontwikkel, kompleet met sterktes
en swakhede, dat die dominerende vroue wat baie in sy werk te voorskyn kom,
nie in ander nasies of gemeenskappe sou kon werk nie. Dit was eers later,
in die 1950’s, dat Fugard met ‘n klein groep akteurs in Johannesburg begin
werk het. Sy eerste toneel spel, “No Good Friday”, was goed ontvang, maar
die tweede, “The Blood Knot”, het nie so goed afgeloop met die regering
nie, en sy paspoort was weggeneem. In die begin van die 1960’s het Fugard
teruggekeer na Port-Elizabeth, waar hy met die Serpent Players begin werk
het. Terwyl Yvonne Bryceland en haar man, Brian Astbury, in Fugard se
“Boesman and Lena” gespeel het, het hulle ‘n goeie vriendskap opgebou. Dit
is deur hierdie vriendskap dat Athol Fugard in Kaapstad se Space Teater kon
werk.

Athol Fugard se toneel-stukke is in Suid-Afrika gesien, in London gewys
en in New York se teaters tot lewe gebring. Hy het al baie toekennings ontvang vir
sy werk wat die Obie Award, Tony Award, London Evening Standard Award en
die Writers Guild Award in sluit. Athol Fugard het as ‘n skrywer, akteur en
as dramaturg, sy merk op Suid-Afrikaanse literatuur gelos. As jy jou hande
op een van sy werke kan kry, of een van sy toneel stukke kan sien, sal jy
ook die fantasiese avonture van hierdie legende kan geniet. Sy werke sluit
in:

“A lesson from aloes”
“Marigolds in August”
“Boesman and Lena”
“People are living there”
“Master Harold and the boys”
“Hello and Goodbye”
“Valley Song”
“Exits and Entrances”