Avontuurreis: Spelologie in Suid-Afrika

Spelologie of die verkenning van grotte is ‘n tydverdryf of as ‘n uidagende sportsoort besig om toenemend gewild te word wêreldwyd en Suid-Afrika met sy talle dolomietese en kalksteengrotte is ‘n baie gwilde bestemming vir die beoefenaars van hierdie tydverdryf. Elkeen van die talle grotte wat verspreid oor die land voorkom het sy eie unieke formasies en bied aan die ontdekkers ‘n uitdaging ongeag hul graad van ervaring.

Talle grotte, soos die Sterkfonteingrotte naby Krugrsdorp, die beroemde Cangogrotte by Oudtshoorn en die Sudwallagrotte naby Lydenburg bied trekpleisters wat besondere skoonheid en unieke eienskappe aan die besoeker bied. Hierdie sportsoort gaan eger verder as ‘n rustige wandeling deur goed-verligte grotte en gange met ‘n toergids. Grotentoesiaste vind hul genot in ondergrondse verkenning waar talle sal huiwer om in te gaan. Daar is volop geleenthede in Suid-Afrika vir hierdie entoesiaste enersyds as deel van ‘n klub of groep entoesiaste of deur middel van toeroperateurs wat hierdie spesialis toere ontwikkel. Grotverkenners is terdeë bewus dat verkenning van grotte ‘n spanpoging is en word nie alleen aangepak nie.

Die Cangogrotte naby Oudtshoorn het van die mees indrukwekkende stalagmiet formasies ter wêreld. Ten spyte daarvan dat hierdie reeks grotte al verken word vir dekades is daar steeds dele wat nog nie bereik is nie. Die Sudwalla grotte in Mpumalanga word gereken om ongeveer 2 000 miljoen jaar oud te wees. Besoekers daar sal nie slegs fassinerende stalagmiete vind nie, maar ook fossiele van alge bekend as “collenia” wat deur wetenskaplikes beskou word as die eerste suurstofvervaardigende plante op aarde.

Benewens hierdie bekende grotte word daar ‘n verdere 200 tot 300 grotte oor Suid-Afrika heen gevind, talle op privaat grond. Die meerderheid hiervan is slegs toeganklik vir georganiseerde groepe en deur die Grot Navorsingsorganisasie (telefoon: +27 (0)11 64043494).

Grotentoesiaste beoefen hierdie sportsoort vir ‘n verskeidenheid redes waarvan die vernaamste die sensasie en die uitdaging is. Of jy ‘n ervare verkenner van grotte is of slegs begin dink om hierdie uitdagende sportsoort te begin, wees verseker dat grotverkenning in Suid-Afrika ‘n onvergeetlike ervaring sal wees.