Bela-Bela
Die dorp Bela-Bela is in een van mooiste bosveldareas in Suid-Afrika geleë. Dis onder die jurisdiksie van Waterberg Munisipaliteit en is in die suidelike deel van die Limpopo Provinsie met Gauteng, die Noordwes Provinsie en Mpumalanga as bure. Bela-Bela beteken letterlik “Kook-Kook”, ‘n naam wat afkomstig is van die warmwaterbronne wat in die 1800’s ontdek is en die hoofaantrekkingskrag was vir die dorp vroeër bekend as Warmbad.
Die natuurlike warm mineraalbronne borrel uit die grond teen ‘n tempo van 22 000 liter per uur met ‘n gemiddelde temperatuur van 53 grade Celsius. Die water is ryk aan minerale insluitende groot hoeveelhede natriumchloried en Kalsiumkarbonaat wat, so word geglo, helende eienskappe het.. Dit het veroorsaak dat Bela-Bela een van die gewildste gesondheidsoorde in Suid-Afrika geword het.
Besoekers aan Bela-Bela kan ‘n gematigde klimaat dwarsdeur die wintermaande verwag, met warm somerdae. Daar is ‘n veelheid van vakansieoorde en wildplase in die gebied en dit wissel van selfsorg eenhede tot luukse vyfster akkommodasie met ook nog kampeer en woonwa gebiede met alle nodige fasiliteite. Die wildplase in hierdie malariavry gebied bied wild besigtigingstoere waarvan talle beloof om die sogenaamde ‘groot vyf’ te kan aanbied ─ dit is die leeu, die luiperd, die olifant, die renoster en die buffel.
Die Forever Aventura Oord in Bela-Bela is ‘n gewilde toeristebestemming asook ‘n naweek ontvlugplek vir die stadsbewoners van Johannesburg en Pretoria. Fasiliteite beskikbaar vir toeriste sluit in ‘n hydro spa, mineraalbaddens, ‘n branderpoel, ‘n spoed glybaan, wildbesigtiging, kabelwaterski, bergfietsritte, perdry, vlugbal ‘n gimnasium en restourante. Akkommodasie opsies wissel van goed toegeruste selfsorg Chalets en houthutte tot hotelakkommodasie.
Daar is ook ‘n aantal ander aantreklikhede binne ryafstand van Bela-Bela. Een daarvan is die Marakele Nasionale Park in die Waterberg wat ‘n tuiste bied aan die swartwitpens, een van Suid-Afrika se mees bedreigde spesies. Besoekers kan ook uitsien na kameelperde, seekoeie, rooibokke en anders seldsame boksoorte asook die wêreld se grootste broeikolonie vir Kaapse Aasvoëls.
‘n Besoek aan Bela-Bela is ‘n genotvolle vooruitsig wat blywende herinneringe sal laat voortleef.