Bombyx Mori Syplaas

‘n Uitsonderlike ervaring in die anersys tradisie-gelaaide toeriste mark is die Bombyx Mori Syplaas wat beide opvoedkundig en inspirerend is. Die plaas is naby die Swadini-afrit van die R531 naby Kampersrus.

Die naam van die Bombyx Mori Syplaas kom van die klein wurmpie wat gebruik word om die sy te produseer wat op die plaas verwerk word. Hoewel Suid-Afrika die tuiste is van sy eie inheemse sywurm ─ die Mopaniewurm (Gonometa rufobruuea) ─ spin dié wurm ‘n baie meer ruwe kokon wat nie geskik is vir die vervaardiging van symateriale nie. Hierdie Suid-Afrikaanse syplaas het met groot omsigtigheid die Moerbei-sywurms ─ aftewel die Bombyx Mori ─ deur middel van eiers vanuit Sjina ingevoer aangesien hierdie spesie ‘n uitstaande gehalte sy lewer. Die oorspronklike eiers het intussen ontpop tot ‘n groeiende sylandgoed waar die wurmbevolking in somermaande groei tot ongeveer 250 000 en ongeveer 50 000 gedurende die winter.

Anders as ander sy-industrieë fokus die Bombyx Mori Syplaas op die vervaardiging van hoë kwaliteit hiper-allegiese duvets, kussings en kosmetiekware in plaas van die gewone symateriaal. Hierdie luukse produkte het die vermoë om die indiwidu te koester in die ideale temperatuur om ‘n moeë liggaam en gees ‘n verkwikkende nagrus te gee. Die produkte is ook ideaal vir mense met allergieë, asma, sinus of ekseem aangesien die sy nie gemaklik stofmyte huisves nie en vry is van chemikalië. Die syplaas is totaal organies en omgewingsvriendelik.

Besoekers aan die Bombyx Mori Syplaas ─ die enigste van sy soort in Suid-Afrika ─ sal nie slegs die geleentheid kry om ingelig te word oor die lewenssiklus van hierdie delikate wurmpie nie, maar word ook blootgestel aan die ryke geskiedenis van die vervaardiging van sygoedere. Hulle kry ook die geleentheid om die ingewikkelde proses van die vervaardiging van sy-duvets te aanskou waartydens ‘n enkele kokon ontgom word en gerek en geborsel word tot die verlangde lengte voordat dit met ander soortgelyke kokonne gevleg word in ‘n sterk liggewig mat wat uiteindelik toegevou word in ‘n suiwer katoen oortreksel. Die hele proses word per hand gedoen en spesiaal opgeleide vroue uit die plaaslike gemeenskap van die Limpopo Provinsie en is inderwaarheid ‘n kunsvorm wat die toeskouer sal fassineer. Volwassenes en kinders sal beide baat vind by ‘n besoek aan hierdie ongewone plaas wat ook ‘n geskenkwinkel het wat besoekers in staat stel om die produkte te beproef. Probeer gerus die Bombyx Mori Syplaas op u volgende besoek aan daardie gebied en ontdek een van Suid-Afrika se besbewaarde nywerheidsgeheime!