Boosmansbos Wildernis-gebied

Ru en indrukwekkend is die Boosmansbos Wildernis-gebied en een van die Wes-Kaap se besbewaarde geheime. Geleë tussen die skilderagtige Heidelberg en Swellendam is die Boosmansbos Wildernis-gebied die ideale plek om die gejaagdheid van die daaglikse lewe te onrvlug. Hierdie is ‘n asemrowende aartrekkingskrag waar stilte en natuurskoon geniet kan word.

Boosmansbos Wildernis-gebied is deel van die Grootvadersbosch Natuurreservaat en beslaan meer as veertien duisend hektaar. Met ‘n jaarlikse geniddelde reënval van ongeveer 1 050mm is hierdie bewaringsgebied deurtrek met betowerende woude met groot berge teen die agtergrond. Die landskap is steeds ongeskonde deur menslike ontwikkeling aangesien dit ‘n verklaarde beskermde wildernisgebied is sedert 1978 en is dus onaangetas vir besoekers se genot.

Stapentoesiaste geniet veral die Boosmansbos Wildernis-gebied aangesien dit meer as sewentig kilometer wandelroetes bevat vir die genot van natuurliefhebbers met hutte vir oornag verblyf. Stappers kan ook in die buitelug slaap en die majestieuse berge wat hulle omring, bewonder. Een hiervan, Grootberg, toring 1 637 meter hoog. Die enigste watervoorraad in die gebied is afkomstig van die riviere wat deur die gebied loop en sluit in die Noukransrivier en die Duiwenhoksrivier. Stappers sal uitdaging en verstommende natuurskoon dwarsoor al die roetes ervaar en die roetes is belyn met fynbos en inheemse woude met ‘n oorweldigende voëllewe. Ongeveer 184 voëlspesies is aangeteken in die Boosmansbos Wildernis-gebied en daar is verskeie rare spesies.

Wildlewe entoesiaste sal ook ‘n verskeidenheid raar diersoorte ontdek soos klipspringers, bobbejane, grys reebokke en selfs luiperds. Om die wonder van Boosmansbos Wildernis-gebied te ontdek is ‘n gedenkwaardige ervaring wat aan alle besoekers aan die Wes-Kaap aanbeveel word.