Botaniese Tuin met ‘n verskil

Net buite Worcester, en ongeveer een honderd en twintig kilometer van Kaapstad, is een van die beste water-besparende tuine in Suid-Afrika en ook die enigste vetplanttuin in Afrika. Die Karoo Nasionale Botaniese Tuin is in 1921 gestig en was naby Matjiesfontein, maar ten einde meer toeriste die geleentheid te bied om dit te besoek, is dit in 1945 na sy huidige standplaaas verskuif. Vandag is die Karoo Nasionale Botaniese Tuin een van die juwele in Suid-Afrika en stel besoekers in staat om van die mees eksotiese en kleurvolle plante van die droeër dele van die land te besigtig.

Elf hektaar van die tuin is bewerk, terwyl die res, ongeveer een honderd vier en veertig hektaar, ongerep as ‘n blomme reservaat gelaat word met wandelpaaie en spesiale kenmerke vir besoekers om self te verken. Gedurende die blommaande word ‘n klein toegangsfooi gevra, maar vir die res van die jaar is toegang gratis. Dit is gewoonlik gedurende Augustus en September wanneer die die tuin die meeste besoekers lok aangesien dit die tyd is wanneer die Bokbaai-vygies blom en die park omskep word in ‘n see van kleur.

,p>Vier honderd van die plantspesies wat in die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin aangetref word is meerjarige plante en meer as drie honderd spesies is beskermde plante. Gedurende die lentemaande (Augustus, September en Oktober), en afhangende van reënval, kan besoekers verwag om Bokbaai-vygies, Namakwalandse Madeliefies, Felicia, Drosanthemum en Lampranthus in blom aan te tref. Vroeg in November begin die Babania, Felicia en Spariaxis om te blom. Die somemrmaande is baie warm, maar vir diegene dapper genoeg om die hitte te trotseer, wag daar nuwe verrassings. Dit wil voorkom asof die tuin met elke seisoen hervorm en geen besoek is dieselfde as die vorige nie.

Die netwerk wandelroetes en voetpaaie is bykans agt kilometer lank en daar is ook ‘n vier honderd meter lange Braille Roete en ‘n duisend meter Shale Roete wat vir rolstoele toeganklik is. Van die versamelings wat besoekers kan besigtig, is die vetplantversameling, inheemse plantuitstalling, kruietuin, ‘n Khoisan kookskerm, en die wêreld se grootste kokerboom versameling asook ‘n plantwinkel waar besoekers plante kan koop om huis toe te neem. Die restourant bied smaaklike versnaperinge en is volkome toeganklik vir gestremdes. Begeleide toere word ook aangebied en met ‘n jaarlikse besoekerstal van ongeveer dertig duisend is, soos te wagte, die personeel goed opgelei en ingelig. Om die ware skoonheid van die woestyndele te ervaar asook die verskeidenheid plantlewe en diere en voëls wat hier tuis is, te besigtig, is die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin en wonderlike ervaring en ‘n geleentheid om die wonder van die natuur te ontdek.