Buitelug en Historiese avonture te Groot Marico

Die distrik en dorp Groot Marico is ongeveer 200 kilometer van Johannesburg geleë in die Noordwes Provinsie. Die gerespekteerde Suid-Afrikaanse skrywer, Herman Charles Bosman, het sy boek “Marico Revisited” die volgende oor Marico gesê: “There is no other place I know that is so heavy with atmosphere, so strangely and darkly impregnated with that stuff of life that bears the authentic stamp of South Africa.”

Die ongerepte dorpie Groot Marico is eintlik taamlik klein, maar ontvang sy naam van die Groot Marico-rivier daar naby. Die dorpie is in die pragtige Arika-bosveld genestel en die gasvrye dorpsmense verwelkom besoekers om hul historiese dorpie se sjarme te ervaar. Daar is ‘n Informasiesentrum in die dorp waar besoekers alles te wete kan kom oor wat om te doen en te sien in die dorp en distrik. Die Sentrum is duidelik gemerk met ‘n groot “I” en is gesetel in ‘n huis wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur Italiaanse krygsgevangenes gebou is.

‘n Wye reeks tipes akkommodasie is beskikbaar om elke sak te pas. Van ‘n luukse gastehuis tot ‘n woonwapark en ‘n terrein om ‘n tentjie op te slaan, is beskikbaar. ‘n Alternatief wat toenemend gewild word by besoekers is om op ‘n werkende plaas te bly en die realiteit van plaaslewe te ervaar. Daar is sewe gasteplase in die gebied en dis eintlik die beste manier om die natuurskoon te ervaar in ‘n egte plaashuis. Staproetes tussen die bome en langs die Groot Marico-rivier word verder veraangenaam deur duisende skoenlappers en voëlsang en word ‘n onvergeetlike ervaring. ‘n Uitstappie teen die nabygeleë berghang, met wildevrugte onderweg, bied ‘n onvergelykbare uitsig op die landskap. Hierdie is ‘n pionierslandskap waar boere na hul lang tog van die see hulself kom vestig het. Talle skermutselinge tydens die Anglo-Boereoorlog het ook hier plaasgevind. Dit is in hierdie bosveld waar Herman Charles Bosman se beroemde kortverhale afspeel. Ander aktiwiteite sluit in swem in die rivier, kanovaarte, voëlkyk (daar is oor die 430 spesies), boom-uitkenning en selfs sterrekyk in die helder naghemel.

Toere in die omgewing sluit ook in die beroemde Mampoertoer wat ‘n besoek aan ‘n kunsfabriek insluit ─ ‘n gemeenskaps kunsvlyt inisiatief ─ ‘n begeleide toer op die rivier en ‘n tradisionele plaasmaaltyd en ‘n voorlesing uit Herman Charles Bosman se Marico-gebaseerde stories.

Middagkoffie sluit melktert en gemmerbier in by Ouma se Kombuis. Ander toere is die Swartruggens Ystertydperk-toer, Anglo-Boereoorlog toere en ‘n besoek aan ‘n tradisionele stat.

‘n Besoek an die bosveld moet natuurlik altyd ‘n wildbesigtingingstoer insluit en dit is geredelik beskikbaar by talle plase in die omgewing. Groot Marico, beide die distrik en die dorp, bied ‘n egte Suid-Afrikaanse kulturele en bosveld ervaring.