Cecil Skotnes – ‘n Lewende Legende

Cecil Skotnes word nie net gesien as een van die hoof pionier van moderne kuns in Suid-Afrika nie, maar word as ‘n anti-apartheid held gesien, omrede hy ‘n paar gelukkige swart kunstenaars die geleentheid gegee het om hulself deur kuns uit te druk en hulle talente te bevorder. Hy was in 1926 gebore, in die klein dorpie van Oos London, waar Skotnes weggebreek het van sy armoedige omstandighede en een van die land se mees suksesvolle kunstenaars van die 20ste eeu geword het.

Dit is heel moontlik dat Skotnes as ‘n kind, geniet het om te verf en te teken, maar dit was gedurende die Tweede Wêreld Oorlog waar hy sy loopbaan as ‘n kunstenaar begin het. Hy was Italië toe gestuur om te veg en na die oorlog het hy in Florens agter gebly, om onder die leiding van Heinrich Steiner sy talent te bevorder. Hy het in 1946 teruggekeer na Suid-Afrika, waar hy in vrye kunste by die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg gematrikuleer het. Nou dat Skotnes geleërd en vaardig was, kon hy die uitdagings van die volwasse wêreld met vertroue aanpak. Deur die loop van sy kuns loopbaan, het Skotnes pragtige grafiese werk as ‘n tekenaar gedoen, maar in sy vrye tyd het hy sy vaardigheid as ‘n kunstenaar gebruik om die wreedaardigheid van apartheid teen te staan.

In 1952 het die koloniale regering, Skotnes as ‘n kultuur-amptenaar aangestel, ‘n posisie wat hy gebruik het om die wat onderdruk was, by te staan. Hy het die gesag van die posisie gebruik om die Polly Straat Volwasse Sentrum te stig. Dit was ‘n instelling waar albei swart en wit mense verskillende vaardighede en ambagte kon leer. Dit was ook een van die min plekke in daardie tyd, wat swart studente aanvaar het. Nadat fondse min geword het, het Skotnes besluit om die Sentrum se fokus te skuif. Die Sentrum is verander na die Polly Straat Kuns Sentrum en dit het later ‘n baie groot rol in die lewens van bekende Suid-Afikaanse kunstenaars soos Sydney Kumalo en Lucas Sithole gespeel.

Skotnes was ‘n meester van sy kuns. Hy het begin eksperimenteer met liriese abstraksie, maar sy werk het alhoemeer na ‘n mengsel van abstraksie en realisme begin word. Daar was baie voorstellings in sy kunswerk en ongeag van sy modieuse vertolkings van karakters in van sy werke, soos die karakters in the “Assassination of Shaka Zulu” reeks, lyk hulle baie realisties. Sy werk is waarlik ‘n inspirasie en hy kyk altyd na die verskeie elemente van sy eie kultuur, en gebruik sy kuns om kommentaar te lewer op die politiese situasies wat om hom is. Vandag kan sy kuns in verskeie uitstallings oral in die wêreld gesien word, en het al menige pryse en toekennings ontvang. Skotnes het ook al verkeie mediums gebruik soos byvoorbeeld tekeninge, skilderye, hout, tapyt wewery en seëls. Hy lewe en werk vanaf Kaapstad al van die jaar 1979 af, en hou voort om asemrowende kuns te skep.