De Wildt Jagluiperd en Wildbewarings Sentrum

De Wildt Jagluiperd en Wildbewarings Sentrum is naby Hartebeespoort Dam
gelee, aan die voet van die Magaliesberg in die Noord Westelike Provinsie
van Suid Afrika. Hierdie ongelooflike sentrum het beroemd geword vir sy
bydrae in die teel en navorsing van bedreigde spesies, met ‘n hoe sukses in
die bewaring teen die uitsterwing van die jagluiperd. De Wildt voorsien
besoekers met n unieke ondervinding, wat besoekers die geleentheid gee om in
kontak te kom met jagluiperde, wilde honde, wildsbokke, bruin hyena,
aasvoels en uile. Hierdie opvoedkundige avontuur is n geleentheid wat jy
nie mis wil loop nie.

Gestig in 1971, op n 65 hektaar plaas deur natuurbewaarder Ann van Dyk,
het De Wildt Jagluiperd en Natuurbewarings Sentrum al vele teleurstellings
en suksesse oor die jare ervaar. In 1971, was die jagluiperd (Acinonyx
Jabatus) se populasie in Suid Afrika, geskat, op 700. Tot en met hierdie
tyd, was daar nog geen sukses gewees in die teel van jagluiperde in
aanhouding nie. Nou met n gesonde geskiedenis van 20 jaar, is De Wildt nog
steeds die leier in die teel van jagluiperde in aanhouding, en werk nogsteed
so hard om hierdie wonderlike dier weg te hou van die drumpel van
uitsterwing. Gedurende De Wildt se loopbaan, was daar al ongeveer 600
jagluiperde by die sentrum gebore.

Terwyl die sentrum gestig was as n huis van veiligheid vir jagluiperde,
insluitende die teel en bewaring van die populasie, het De Wildt uitgebrei
na ander projekte wat die bewaring van ander bedreigde spesies insluit. Van
hierdie projekte, is die bewaring van wilde honde, bruin hyena, suni
wildsbokke, blou duikers, bontebokke, assvoels, en baie meer. Die sukses
van die teel projek, verseker dat die populasie nie uitgeroei kan word nie,
om rede De Wildt hulle diere weer terug in die wild in integreer. Dit het
ook bygedra tot die herpopulasie van baie gebiede.

De Wildt word nog steeds deur Ann van Dyk besit, en werk saam met 24
entoesiastiese personneel en met behulp van spesialiste, om De Wildt
Jagluiperd en Natuurbewarings Sentrum aan die gang te hou. Saam, werk die
span om meer sukses stories te maak, en om die diere waarvoor hulle so lief
is, te bewaar. Omdat De Wildt, privaat besit word, maak hulle staat op die
fondse wat hulle by die ingang ontvang, asook donasies en borge. As die
jagluiperd se toekoms vir jou belangrik is, maak gerus ‘n donasie aan hierdie
wonderlike sentrum, en help hulle om on natuur te bewaar.

De Wildt Jagluiperd en Natuurbewarings Sentrum voorsien alle besoekers
met ‘n ongelooflike ondervinding, en die kennis van die oorlog wat
jagluiperde elke dag in die gesig staar om te oorleef.