Die ‘Go Summer’ Toer
Elke jaar maak duisende Suid-Afrikaners gereed om hulle tasse te pak en
na die kus- stede en dorpies te swerm. Hulle sien uit na dae op die
warm sand van die strande en aande wat gevul is met vermaaklikheid. Dit is
die Suid-Afrikaanse manier om Kersvees te vier en elke jaar swel die
kustelike stede met alhoemeer besoekers. Hierdie jaar gaan nie
verskillend wees nie en terwyl ouers hulle bekommer oor pad veiligheid en ‘n
see van vakansiegangers, sal kinders en jong volwassenis uitsien na die ‘Go
Summer’ Toer.
Die ‘Go Summer’ Toer is ontwerp rondom hierdie jaarlikse verhuisings
verskynsel, en akkommodeer meer as net die toeskouers van die kustelike
gebiede. Die ondersteuning van die toer is elke jaar ‘n sukses. As jy
besluit om hierdie feesviering by te woon, sal jy meer as net n vrolike
partytjie gees vind. Die atmosfeer wat die vertonings omhels is n
wonderlike ervaring. Die ‘Go Summer’ Toer word deur Xbox 360 geborg en is
in die vorm van ‘n maand lange ‘rock’ musiek vakansie fees. Die toer, wat
jaarliks gehou word, vind in die maand van Desember plaas wat die beste Suid-
Afrikaanse ‘rock’ groepe na vakansie gangers bring. Die toer trek van
Kaapstad na Durban. Dit beteken dat al die kleiner kustelike stede, ook
hierdie feesvierings kan geniet. Die toer lok baie vakansie gangers en vul
die stede met ‘n elektriese atmosfeer.
Hierdie jaar sal die ‘Go Summer’ Toer nege verskillende musiek groepe
hê, wat in groepe van drie, in verskillende stadiums van die toer sal
optree. Die eerste been van die toer sal die wonderlike Springbok Nude
Girls, die Finkelsteins en Scarlet Box aanbied. Die tweede been sal
Wonderboom, Evolver en die Parlotones op die verhoog sien, en die derde been
van die toer bied Prime Circle, Bloodmoney en Driverlane aan. As jy jou
vakansie in Kwazulu-Natal, die Oos-Kaap of in die Wes-Kaap gaan deurbring,
maak seker dat jy by een van die kus stede uitkom om die toer te geniet. Hierdie jaar se ‘Go Summer’ toer, belowe om
die beste toer nog te wees, en moet nie misgeloop word nie.