Die Nederburg Kunste Fees

Ongeag van watter tyd van die jaar jy kies om Knysna te besoek, daar sal altyd ‘n groot verkeidenheid kuns-winkels wees, wat besoekwaardig is. Die lewens van diegene wat in Knysa bly word beïnvloed deur die groot verskeidenheid kuns en ambagskunste, en lei tot ‘n kultuur wat die dorp ‘n unieke en lewendige atmosfeer gee.

Knysna kan definitief as die ‘vermaaklikheids stad’ op die tuin roete beskryf word; daar is geen einde aan die hoeveelheid feeste en byeenkomste wat hier gehou word nie. Gedurende die jaar is daar ten minste drie verskillende tipes feeste wat in die dorp aangebied word, en elkeen van die feeste lok duisende fees geesdrigtigers na die area. Een van die mees populêre feeste, is die Nederburg Kunste Fees, wat jaarliks in September gehou word.

Soos enige iemand kan aan neem, ‘n fees wat met Nederburg geassosieer word, beteken dit net een ding: die fees gaan talle goeie wyne en wynproe aanbied en vele glasies gaan geklink word. Dit is egter nie al waaroor die fees gaan nie. Vir tien dae ondervind Knysna ‘n ontploffing van kuns en kultuur, met ‘n reeks teater produksies en opvoerings wat nie misgeloop moet word nie. Natuurlik sal dit nie ‘n ‘kunste’ fees wees sonder kuns nie, so besoekers kan hul regmaak om verskeie kreatiewe meesterstukke tussen die konkoksie van kulturele aktiwiteite raak te loop.

Baie plaaslike kunstenare wat in Knysna en die omliggende area woon, neem die geleentheid aan om hulle werk aan die publiek bloot te stel. Daar is omtrent iets vir almal se smaak, van goedkoop kuns-afdrukke tot duur olieverf skilderye. Daar is ook ‘n wye verkeidenheid beelde om van die kies. Die Nederburg Kunste Fees plaas ook fokus op die asemrowende natuurskoon wat om hulle geleë is.

Daar is heelwat eko-toere wat gereël word gedurende die fees tydperk en besoekers kan ‘n goeie begrip op die huidige toestand van die natuur kry. Daar is ook klasse wat aangebied word, sodat besoekers meer kan leer van natuurkunste, soos blomme rangskikking, as hulle belangstel in so ‘n stokperdjie.

Tussen die vertonings, uitstappies en inkopie toere, word dit aangeraai dat jy tyd eenkant sit om in een van Knysna se wonderlike restaurante te eet. Vir iets besonders, word jy aangeraai om die oesters te probeer. Hulle word plaaslik geoes en is regtig ‘n smaaklike ondervinding. As oesters nie na jou smaak is nie, wees gerus dat daar vele meer lekker disse op jou wag, waarmee jy jou glasie Nederburg saam kan geniet.