Die Nguni Mense van Suid Afrika

Suid Afrika staan bekend as die reenboog nasie. En dit is die waarheid.
Ons land is nie net kleurvol met ‘n verskeidenheid rasse nie, maar het ook n
kookpot vol verskillende kulture, wat uniek is aan Suid Afrika. Die Nguni
Mense sluit die Zulu, Xhosa en Ndebele mense in wat verspreid oor die land
lewe. Kom ons kyk nader na hierdie fasinerende groep mense.

Al praat elkeen van hierdie kulture ‘n verskillende taal, is hulle almal
in noue verbinding, en deel sekere tradisisies en gelowe. In die verlede,
en in sommige tradisionele gemeenskappe, het mans en vroue hulle eie rolle.
Jong seuns is verantwoordelik vir die sorg van hulle vee terwyl die vroue
vir die groei van n oes verantwoordelik is. Jong mans se rol in die
gemeenskap is as vegters, wat in later jare lede van die plaaslike raad sal
word. Baie van hierdie tradisisies het verander met die modernisasie van
die wereld. Ongeag van die veranderings om hulle, het die Nguni kultuur en
tradisie dieselfde gebly.

Die Nguni lewe word in verskeie stadiums gesien, en elk is baie belangrik
en het sy eie rituele en kleredrag. Meisies verander hulle gedrag of
kleredrag soos hulle ouer word, en n volwasse vrou word. Seuns aan die
ander kant, moet eers besny word, voordat hulle kan leer om mans te wees.
Trou is ook belangrik en het sy eie tradisisies en rituele daaraan verbonde.
“Lobolo” is betaalbaar aan die ouers van die bruid, in die vorm van vee of
geld. Die bruid se ouers sal dan trou geskenke aan die paartjie gee, wat
van klere tot huis toebehore kan wees. Dans, musiek en sang speel ook n
groot rol in alle belangrike gebeurtenisse. Nguni mense het goeie ritme en
is baie lief vir musiek.

Die Nguni geloof is ook uniek aan hierdie mense. Volgens hulle geloof
sorg God vir groter sake, en hulle voorvaders sorg vir die kleiner take.
Voorvaders word gerespekteer en aanbid. Die Nguni sal ook baie keer die
Christen geloof met hul traditionele geloof meng. Baie van die gemeenskap
is bang vir die goddeloosheid wat toordokters oor lede van die gemeenskap
kan spreek. “Sangomas” word dikwels besoek om boodskappe van die voorvaders
te ontvang. Nguni mense sien ook “nyangas” wat kruie dokters is, al hoewel
baie van hulle westerse dokters besoek.

Die Nguni mense word geken vir hulle kleurvolle kleure en persoonlike
verfraaing. Op die geheel dra hulle almal westerse klere, maar dra hulle
tradisionele kleredrag by feesvierings en belangrike gebeure. Kleurvolle
krale wat in spesifieke patrone gerankskik is, is ‘n daad van ongesproke
status, gemeenskap, huislike nedersetting en soms as liefdes briewe.

Baie Nguni nedersettings is nou oop vir toeriste. Besoekers aan hierdie
nedersettings sal die kans kry om in noue kontak te kom met hierdie unieke
kulture. Besoekers word dikwels genooi om deel te neem in die daaglikse
aktiwiteite en feesvierings. Maak seker dat jy een van hierdie
nedersettings insluit in you vakansie. Dit is die beste manier om ‘n ware
Suid Afrikaanse ondervinding te geniet, en n klein smakie te kry van die
verkeie kulture in ons land.