Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners

Perdry liefhebbers wat opsoek is na ‘n baie spesiale ondervinding, kan
gerus ‘n draai maak by die Suid-Afrikaanse Lipizzaners se vertoning. Dit is
die enigste Lipizzaner-sentrum in die wêreld wat erken word en wat ‘n
affiliasie is van die Spaanse Perdry Skool in Vienna. Die Suid-Afrikaanse
Lipizzaners is een van die min plekke waar jy die asemrowende wit dansers
kan besigtig, terwyl hulle ruiters hulle deur hul passies neem. Die
vertoning is nie net vermaaklik nie, maar is ook opvoedkundig.

Die storie van die Suid-Afrikaanse Lipizzaners het begin met die redding
van ‘n paar Lipizzaners vanuit ‘n oorlog-verskeurde Oostenryk, en terug gebring is
in 1944. Die man wat verantwoordelik was vir die redding, was Graaf
Jankovich-Besan. Hy het sy geliefde hingse in Kyalami gehuisves, en later
die sentrum gestig. Die perde wat vandag op stal staan, is almal
afstammelinge van sy oorspronklike perde.

Die Lipizzaner sentrum in Kyalami word dalk ‘n klein bietjie anders beheer
as die skool in Vienna, maar die eeu-oue perdry tradisies, die opleiding van
die perde en die teel van die Lipizzaners, word behou. Die Suid-Afrikaanse
Lipizzaners bly in baie nou verbinding met die ry-skool in Vienna, en
partykeer word die Suid Afrikaanse ruiters opleiding gegee deur die mees
ervare ruiters by die Spaanse Ryskool.

Enige perde liefhebber sal weet dat die Lipizzaner geteel is vir sy
edelike liggaamsbou, bekwaamheid om te leer, grasieuse beweegings, taaiheid,
stamina en dapperheid. Dat al die perde wat in die vertonings gebruik word,
hingse is, is bewys van sy goeie natuur, asook die eeu-oue tegnieke wat oor
die jare deur die Spaanse Ryskool in Vienna bewaar is.

Terwyl die meerderheid van Lipizzaners swart gebore word en met tyd na
silver-wit verkleur, is daar wel ‘n spesiale paar wat bruin of swart bly.
Die Suid Afrikaanse Lipizzaner Sentrum het twee swart hingse wat hopelik
sal verseker dat daar in die toekoms nie net wit Lipizzaners sal wees nie.
Bo en behalwe hierdie twee volwasse Lipizzaners, is daar tans ‘n klein
swart hings, wat tekens wys dat hy sy swart kleur gaan behou.

Die Suid-Afrikaanse Lipizzaners het baie belangrik geword as deel van die
land se kulturele erfenis en moet nie misgeloop word nie. Vertonings word
elke Sondag om 10:30 in die Lipizzaner Sentrum se binne-huise saal in Kyalami
gehou. Dit duur ongeveer ‘n uur en verversings en gedenkwaardighede is
beskikbaar. Besoek gerus die amptelike Suid-Afrikaanse Lipizzaner webwerf vir
meer inligting.