FIFA 2010 Finansiering

Suid-Afrika se Minister van Finansies, Trevor Manuel, spreek die nasie op
Woensdag 24 October 2006 aan, in verband met die land se begroting vir die
2010 Wêreld Beker Sokker. Vyftien biljoen rand is deur die regering
eenkant gesit vir die bou van stadions en die opgradering van die
infrastruktuur in voorbereiding vir die lang verwagte 2010 FIFA Wêreld
Beker.

Die Minister het uitgewys dat die land se voorbereiding vir hierdie
wêreld klas toernooi, moet voorkeur neem in die land se geld verbruik vir
ten minste 3 jaar voor die Wêreld Beker. Gedurende die toespraak het
Manuel ook gesê dat die aanbieding van die 2010 Wêreld Beker Sokker, Suid-
Afrika met ‘n “eens in ‘n leeftyd” kans bied, om die land en sy atmosfeer te
adverteer. Sittend, tussen die parlimentere luisteraars, was
verteenwoordigers van FIFA. Trevor Manuel het ook gesê dat die geld
verbruik deur die regering met ZAR80 biljoen sou groei vir die komende
drie jaar. In vergelyking, is dit US$10.3 biljoen of 8.2 biljoen euros.
Tesame met die verbetering aan Suid-Afrika se infrastruktuur en sport
fasiliteite, moet aandag ook aan die misdaad syfer gegee word. Nog 10 000
polisie manne en vroue gaan aangestel word om die geveg teen misdaad wat tans in Suid-Afrika heers, onder beheer te probeer bring.

Fokus op Suid-Afrika se infrastruktuur se oogmerk sal op vervoer,
elektrisiteit, huisvestiging en sanitasie val, waarvan Suid-Afrika se
armoedige streke daaruit sal baat. Manuel het ook uitgewys, dat al sien ons
uit na hierdie groot toernooi, ons nie moet vergeet van die duisende Suid-
Afrikaners wat honger ly, siektes veg en in onsmaaklike omstandighede lewe
nie. In totaal sal die regeering se geld verbruik van die huidige ZAR474.2
biljoen (ongeveer 48 biljoen euros of US$61 biljoen) tot ongeveer 664
biljoen (ongeveer 66 biljoen euros of US$83 biljoen) vermeerder by die jaar
2010. Suid-Afrika is die kontinent se leier in verband met ekonomie en die
land se ekonomiese groei sal ongeveer 5.3% wees by die jaar 2009. Manuel
het ook aangekondig dat inkomste belasting ver verby verwagting was, en het
ZAR30 biljoen ingebring die jaar.

Suid-Afrika se regering sien die FIFA Wereld Beker as ‘n geleentheid om n
blywende legende te skep. Dit sal definitief ‘n positiewe uitwerking hê op
die land se treurige vervoer stelsel. Die Vervoer Ministerie het al reeds
begin om die lughawens te hernu, sodat die Suid Afrikaanse lughawens die
ongeveer 450 000 toeriste kan hanteer wat in 2010 die land gaan stormloop.
Vyf biljoen rand is opsy gesit vir werk aan die spoorweë en 8 biljoen rand
gaan om ‘n veiliger en meer moderne taxi stelsel in te stel.

Die 2010 FIFA Wereld Beker koors het al reeds Suid-Afrika oorgeneem. Dit
word ook deur baie Suid-Afrikaners gesien as ‘n groot ekonomiese geleentheid,
en gaan definitief groot veranderings aan die lewens van gewone Suid-
Afrikaners bring.