Groen Vlag Roetes in Suid-Afrika
Talle buitelandse besoekers aan Suid-Afika wil graag die natuurskoon van die land deur middel van staproetes en buitelug avontuur ervaar. Met so baie oorde en staproetes beskikbaar, is die Groen Vlag Roetes (Green Flag Trail system) ontwikkel om instansies wat aan minimum standaarde voldoen te akkrediteer. Hierdie stelsel gee gevolglik aan besoekers die versekering dat alles wat geadverteer word eg is en voldoen aan die vereistes van die Stappersvereniging (Hiking Organization of Southern Africa). Groen Vlag akkreditasie is dus die waarborg dat besoekers sal onvang wat hulle verwag.
Wanneer instansies hul staproetes en fasiliteite bemark, verseker die Groen Vlag akkreditasie dat die informasie met betrekking tot moeilikhiedsgraad, akkommodasie, diens, omgewing, fasiliteite langs die roetes en die bestuur daarvan op so ‘n wyse dat dit nie die omgewing skaad nie, waar is. Besoekers kan dus ingeligte besluite gebaseer op beskikbare informasie neem. Tans is daar veertg Groen vlag staproetes in Suid-Afrika om van te kies en is geleë in al nege die provinsies.
Van hierdie roetes sluit in Hoerrikwaggo (Tafelberg), Vredefort Meteorietroetes, Fanie Botha-roetes, die Wildkus Meander, Oom Paul Voetslaan, (Bermazi, Five Assegais) en die Tsitsikamma Roete. Roetes soos Oom Paul Voetslaanroetes het meer as een roete beskikbaar wat verskil in afstand en moeilikheidsgraad. Daar is hutte en stortbad fasiliteite, natturlike bomas en boskampe. Besoekers wat navorsing doen oor voetslaanroetes op internet kan met gerustheid hul beplanning doen aangesien die Groen Vlag akkreditasie deur die Stappersvereniging ‘n belofte van kwaliteit en diens insluit. Van nog groter belang is dat hierdie roetes van die beste natuurskoon en gedenkwaardige ervarings insluit vir die genot van besoekers. Van yskoue watervalle, golwende groen landskappe en toringagtige berge asook wildlewe, die staproetes van Suid-Afrika sluit dit alles in. Groen Vlag roetes is meer as net ‘n aantrekkingskrag na Suid-Afrika, dit is asemrowende avonture deur die hart van die landskap.