Hansa Powerade Dusi kano-maraton

Hierdie drie-dae-lange kano-maraton is een van die grootstes in die wêreld en vind tussen 17 en 19 Januarie 2008 plaas. Dis die 57ste keer wat dit plaasvind en ‘n rekordgetal inskrywings van meer as 2000 word verwag – tot 10% meer as in 2007. Dié gewilde sportgeleentheid in Suid-Afrika geniet wye mediadekking en genereer ook ‘n merkbare styging in inkomste in die gebiede langs die roete.

Die Dusi kanoresies strek oor ongeveer 120 kilometer en begin in Pietermaritzburg in die Msundusirivier, wat algemeen bekend is as die Dusirivier, en eindig in Durban. Gereelde deelnemers ken reeds die lokvalle asook die gedeeltes waar hulle die roete tot hul voordeel kan benut. Daar is egter ‘n aantal veranderinge in die 2008 roete as gevolg van omgewingsprobleme. Nuwelinge word egter deeglik ingelig en kan ‘n pre-resies oefening benut.

Op die eerste dag begin die eerste groep deelnemers om 06:00 by die Kampsdrif kanaal in Pietermaritzburg. Die skof eindig by die Dusibrug. Verdere groepe vertrek op vasgestelde tye soos deur die organiseerders bepaal. Alle deelnemers moet elke dag voltooi binne agt uur om vir die volgende dag te kwalifiseer. Dag twee begin om 06:00 by die Dusibrug deur die voorloper en die deelnemers in die hoofgroep op ‘n grondslag van tydsverskille soos deur die vorige dag bepaal. Die laaste groep vertrek om 07:05 en die eindpunt van dag 2 is die Inandadam.

Die derde dag volg dieselfde patroon met die voorloper wat om 07:00 begin en die laastes om 08:05. Hierdie strawwe kompetisie bereik op dag drie ‘n hoogtepunt aangesien almal Durban wil bereik in die kortste moontlike tyd.

Wat die humanitêre aspekte betref, het die organiseerders weer eens besluit om die Hansa Powerade liefdadigheidskompetisie te loods. Dit word moontlik gemaak vir die deelnemers hieraan om elke oggend met die vyfde groep te vertrek ongeag hul vorige tye. Deelnemers hieraan kan kies watter liefdadigheidsinstansie hulle borge moet bevoordeel. Hulle kan selfs die opbrengs tussen verskillende instansies verdeel. Die hoogste bod in 2007 was R26 000 wat beteken die benoemde instansie goed voordeel hieruit kan kry.

Alle kano-entoesiaste, hetsy deelnemers of toeskouers sien elke jaar gretig uit die Dusi kano-maraton wat toenemend as een van Suid-Afrika se grootste sportgeleenthede word.