Helderberg Wynroete
Noord van Somerset-Wes tot by Stellenbosch en suidoos tot by Sir Lowry’s-pas is die Helderberg Wynroete wat ook die majestieuse Helderberg insluit met teen die hange van Suid-Afrika se beste wingerde. Die Helderberg-streek is waarlik een van die Wes-Kaap se juwele wat verdien om verken te word. Die natuurskoon is uitsonderlik en dit bied ook die tuiste aan van die land se oudste wynkelders en is gevolglik deurspek met geskiedenis en kultuur met sommige kelders in familie-besit vir baie geslagte.
‘n Toer deur die Helderberg Wynroete is ‘n geslaagde eendaguitstappie vir vakansiegangers van die naby geleë Kaapstad, maar met so baie besienswaardighede kan besoekers maklik besluit om dit oor ‘n paar dae te laat strek. Wynkleders langs die roete het elkeen sy eie besondere tegnieke in die kultivering van die druiwe met so baie klimaatswisseling en die invloed van die berge en die see dat dit ook die eindproduk beïnvloed. Die wynmaakporses en ook die uitleg van elke kelder het elk ‘n aantal unieke eienskappe van Kaaps-Hollandse herehuise met historiese kelders tot ultra-moderne wynboetieks met die gevolg dat elke bestemming ‘n unieke ervaring is. Van die ongeveer dertig wynkelders langs die roete sluit in die beroemde Vergelegen en Morgerster kelders asook die kampioen landgoed Avontuur en die wit en rooiwyn spesialiste JP Bredell en ‘n duurder landgoed produsent, Longridge Kelders.
Indien u op soek is na ‘n tikkie avantuur kan u deelneem aan die sogenaamde Helderberg Wynroete Amazing Race op die laaste Saterdag van elke maand in die omgewing. Met die toerisme sentrum te Somerset-Wes as beginpunt op die middaguur kompeteer ‘n maksimum van twintig motors met leidrade en ‘n padkaart met ‘n reis na ‘n reeks tematiese, wynverwante leidrade na vier kelders. Slegs die take word deur middel van stophorlosies teen tyd gemeet en nie die werklike reistyd nie. Die span wat al hul take in die regte volgorde in die kortste tyd voltooi is die wenner. Pryse word verskaf deur die deelnemende wynkelders in die vorm van puik seleksies van hul produkte.