Hogsback Kunste Fees

Hogsback is een van die Oos-Kaap se mooiste bergreeks streke. Die klein dorpie, Hogsback, is aan die voet van die welbekende “Three Hogs” berge geleë en die dorp is so rustig en asemrowend soos die berg reeks wat die dorps omhels. Hogsback is die volmaakte agtergrond vir die Hogsback Kunste Fees en duisende stroom na die klein hoekie van die land om hierdie fees te geniet.

Dit is nou een plek waar tegnologie op sy gestoot is vir die natuur en inplaas van ontwikkeling en nywerhede, sal jy vars lug, dig woude, watervalle en koel mis find. Die dorp self is baie klein en huise en hotelle is uit die oog uit weggesteek in die rustige omgewing. Buite die fees seisoen, kom gaste Hogsback toe om te ontsnap van hul daaglikse lewens. Hulle sal die tyd neem om in die woude te stap, die oudste Geel Hout Boom in die Oos-Kaap te besigtig and oulike bosvark gedenkwaardighede by die plaaslike inwoners te koop. St Patricks’s Kerk is ‘n gewilde plek vir troues en as jy ‘n oomblik afstaan om die uitsig van die heuwel te waardeer, sal jy verstaan hoekom. Die Hogsback Kunste Lente Fees word elke jaar op die laaste naweek in September aangebied.

Die Hogsback Kunste Lente Fees is ‘n multikulturele byeenkoms. Dit bied ‘n groot verskeidenheid geleenthede aan en vertoon die kuns en werke wat deur plaaslike kunstenaars geskep is, wat in die Oos-Kaap werk en bly. Dit gee besoekers die geleentheid om ander kulture en belangstellings te ondersoek en om weer inspirasie van die natuur te ontvang. Die fees is ‘n verskeidenheid van musiek, dans, digkuns, voorlesings, kulturele koskunste, komedie en kuns. Besoekers kan hulself voorberei vir ‘n vermaaklike fees van jazz, opera, blues, ritme en vele meer. Met elke jaar groei hierdie kulturele fees en word dit meer populêr. Dit verloor nooit sy hart en gees nie. Hotelle en restaurante maak hulle deure oop vir fees geesdriftiges en bied vriendelike en hoflike behuising aan, wat besoekers die geleentheid gee om onder dieselfde dak as die kunstenaars te woon. Maak gerus ‘n draai by hierdie jaarlikse fees, en ontdek ‘n wêreld van natuur en musiek. Jy sal nie spyt wees nie.