Kaapstad Internasionale Komediefees 2007

Die Kaapstad Internasionale Komediefees 2007 wat reeds verlede jaar sy tiende verjaarsdag gedenk het, is reeds ‘n hoogtepunt in die sosiale kalender van duisende Kapenaars en het ook reeds ‘n groot aanhang uit die res van Suid-Afrika opgebou. Hierdie gewilde gebeurtenis duur van 3 tot 23 September 2007 en het reeds ‘n reputasie opgebou vir die topgehalte komediante wat vanuit alle dele van die samelewing getrek word. Vanjaar is ook geen uitsondering nie en gehore kan uitsien na ‘n aantal uitmuntende vertonings deur plaaslike en internasionale komediante wat elkeen spog met sy eie tipiese humor.

Die Kaapstad Internasionale Komediefees 2007 teiken gehore van alle ouderdomsgroepe. Behalwe vir opvoerings in teaters is daar ook ‘n aantal straat komediante wat niksvermoedende voetgangers sal verras en vermaak in en om Kaapstad. Daar is ook opvoerings in die woonbuurtes en ook gratis vertonings wat geskik is vir die hele gesin.

Internasionale vermaaklikheidsterre van alle uithoeke van die wêreld tesame met bekende Suid-Afrikaanse komediante sal in die hoofarena van die Baxter-teater optree. Hierdie optredes word beskou as die kern van die Kaapstad Internasionale Komediefees 2007 en was nog altyd in staat om gehore onophoudelik te laat skater van die lag. Die kunstenaars vir 2007 sluit in Alistair Barrie (VK), Carl Barron (Australië), Laurie Elliot (Kanada), Tom Clark (VSA), Steve Best (VK), en Suid-Afrikaners Nik Rabinowitz, David Newton en Riaad Moosa.

Ook by die Baxter-teater is die groep “Danger Zone” wat die massas aangryp. Hierdie kunstenaars is nie versigtig met hul woordkeuses nie en is reeds bekend as kontroversieel, verleidelik en soms blatant kru. Wees dus gewaarsku, dis beslis nie
Vir die sensitiewes nie.

‘n Eerste vir die fees is “Bek-Lash”, ‘n opwindende nuwe program waar die beste in Afrikaanse komedie hul talente in die Artscape teater vertoon. Hierdie reeks komediante sal veral pret besorg aan Suid-Afrikaners wat hul kan plaas binne in die sake waarmee spot gedryf word. Gehore kan luister na Pedro Kruger, Tobie Cronje, Marion Holm, Emo Adams, Martin Jonas, Joey Rasdien en Dowwe Dolla. Dan is daar ook nog Joe Barber (wat die talente van Oscar Pieterse en David Isaacs kombineer) wat tot die hart van die lewe in die Kaapse Vlakte deurdring op hul unieke en insigvolle wyse.

Wat ookal jou humorsin, moenie die Kaapstad Internasionale Komediefees 2007 misloop nie.