Kanoevaart deur Suid Afrika

Baie mense kan aan geen beter manier dink, om die Suid Afrikaanse bosveld
te ondek nie, as om rustig hulself by ‘n rivier af te roei en die diere en
voêls wat op die wal is, te sien soos hulle verby dryf nie. Terwyl hierdie
opsie vir menigde mense aantreklik klink omdat geen fisiese oefening soos
nag marse betrokke is nie, moet die belangstellendes weet dat roei of
kanoevaart ook fisies kan wees, veral as die stroom of wind teen jou is.
Tog, wanneer jy saam met die stroom beweeg, en daar is nie ‘n wind wat waai
nie, kan jy gemaklik terug sit, en die wereld geniet soos dit verby jou
gaan.

Kanoevaart is besig om al hoe meer aandag te trek, en word ‘n populêre
manier om die Suid-Afrikaanse wildernis te besigtig. Die roetes wat oor die
land beskikbaar is, kan of langs die kus of in die binneland geniet word.
Jou tasse en ander bagasie kan vooruit gestuur word na jou verblyf en dit
word aangeraai, omrede jou bagasie meer gewig in jou kanoe bylas. Die
addisionele gewig kan jou reis vermoeilik asook ‘n gevaar stel van omkeer, en
dan lê jou bagasie onder in die rivier. Jy wil tog nie die beste dele van
jou reis misloop terwyl jy jou bekommer oor jou tasse nie! Reisigers sal
baie keer die skree van ‘n visarend kan oor, of selfs sien vlieg. ‘n Verskeidenheid bokke, aardvarke en ander diere kan gesien word van die
rivier, terwyl hulle vir kos soek. Op die rivier banke is daar ‘n groot
verkeidenheid voêls wat nes maak, rond vlieg of net die lug vul met hulle
vrolike liedjies, en voêl geesdriftiges sal nie kan byhou met die
verskeidenheid wat gesien kan word nie. Gewoonlik neem die kanoevaart roete
‘n dag om te voltooi, maar as jouself vroeg uit die kooi kan sleep, kan jy
net na middagete by jou verblyf aankom. Hutte is gewoonlik baie
gerieflik en kan akkommodasie vir twaalf mense aanbied, wat braai en toilet
geriewe en soms ‘n stort insluit. Dit word nie aangeraai om jou tande te
slyp vir ‘n vars vis oor die kole nie, voordat jy met die plaaslike wildbewaring
agente gepraat het nie. Meeste van die roetes is op bewaarde land, en
permitte mag dalk nodig wees. Natuurlik is rommelstrooi teen die wet.

As kanoevaart in Suid Afrika vir jou na ‘n interressante manier klink om die
land te ervaar, is daar n paar gevare waarvan jy moet bewus wees. Eerstens,
moet nooit in waters wat krokodille of seekoeie huisves sonder ‘n
professionele gids aanpak nie. Hulle sal weet hoe om jou veilig deur
hierdie gebiede te stuur. Tweedens, maak seker dat jy ‘n goeie sonbrand room
in pak om sonstraal of seer brand te vermy, en maak seker dat jy elke twee
ure weer aan smeer. Dra ten alle tye ‘n hoed, sonbrille en ‘n baai kostuum,
al is dit vir beplande afkoel in die water. Sandale word ook aangeraai,
omrede ander skoene nat en swaar sal word. Laastens, as jy nodig het om jou
voêl boeke, vêrkykers en kamera saam te neem, is dit beter om seker te maak
dat hulle waterbestand is, of ten minste in ‘n geseelde houer gedra word.
Dit moet dan ook aan jou kanoe vasgemaak word, vir ingeval jou kanoe dalk om
keer, dat jy jou besittings kan red.

Kom gerus en ontdek die rivier banke van Suid Afrika, werk op daardie
verlangde sonbrand en geniet die stilte en rus wat die natuur jou bied. Dit
is in onvergeetlike ondervinding.