Kimberly se Diamant Myne

Diamante was nog altyd ‘n skat waarna gesoek word, vir hulle geldelike
waarde maar ook vir hulle estetiese waarde. Hierdie pragtige stukke van
chrystalien koolstof, het die uiterste teenstrydigheid geword vir elke man,
wat hulle die vermoë gee om redelik gemaklike leefstyle prys te gee, vir
harde werk, en die moontlikheid op rykdom wat selde gevind word. Suid-
Afrika het ‘n lang reputasie as die leier in die produksie van twee van die
wereld se waardevolste kommoditeite – diamante en goud.

Suid-Afrika se diamant myn legende het in 1866 begin, toe ‘n jong man met
die naam van Erasmus Jacobs, ‘n mooi klip ontdek het terwyl hy op sy pa se
plaas gespeel het. Jacobs het die klip huis toe geneem, waar een van hulle
bure, Schalk van Niekerk, die klip gewaar het en aangebied het om die klip te
koop. Die Jacobs familie het gevoel dat die klip geen waarde gehad het nie,
en die klip vir Van Niekerk gegee. Die kind se speelding was eintlik die
21.25 karaat “Eureka” diamant, en dit is hoe die Kimberly diamant stormloop
begin het.

By 1871, was verskeie diamante in die area gevind en drie verskillende
plekke het oop gemaak vir grawe. Dit was die Colesberg Koppie wat die meeste
diamante verskaf het, en dit was nie lank voordat 50 000 mense van oor die
wêreld, hierna toe gehardloop het om hulle deel te eis nie. Die dorpie wat
langs aan die koppie was, het uit tente en swak geboude hout en yster
huisies bestaan en diegene wat daar gebly het, het geen toegang gehad tot
dreineering of skoon water nie. Dit was nie lank voor die koppie heeltemal
vergaan het nie, en die grawe ‘n eislike gat in die grond gelos het. Hierdie
gat het net groter en groter geword, tot dit uiteindelik ‘n diepte van 18
meter bereik het. Op hierdie punt het die myners begin dink dat die grond
uitgeput is van diamante, maar tot hulle blydskap, het hulle ‘n harder blou
rots ontdek onder die sand en die het selfs meer juwele verskaf as die
grond.

By hierdie tyd, het ongeveer 1 600 mense elkeen ‘n stukkie land besit in
die gat wat ongeveer 10 meter by 10 meter was. Soos hulle aangehou het met
grawe, het dit moeiliker geword om die juwele uit te kry, en ‘n netwerk van
katrolle en tou was oor die gat gespan. Diegene wat goed gedoen het, het
kleiner erwe in die gat begin opkoop, tot die meerderheid van die area deur
‘n handvol mense besit was. Hierdie mense was Cecil Rhodes, Charles Rudd en
Barney Barnato. Tesame het hulle De Beers Gekonsolideerde Myne gestig. De
Beers is nogsteeds in beheer van meeste van die wereld sy diamant markte en
is ‘n welbekende naam in baie plekke in die wereld. Die mees bekendste
diamante wat van Kimberly afkomstig is, is die 530.2 karaat “Cullinan”
diamant, die 616 karaat “616” diamant en die 83.5 karaat “Ster van Suid-
Afrika.”

Die diamant stormloop in Kimberley het sy merk op die aarde se oppervlak
gelos, in die vorm van ‘n ongelooflike groot gat. Die Groot Gat van Kimberley
is die grootste mens gemaakte uitgrawing in die wereld. Dit het ‘n omtrek
van 1.6 kilometer en ‘n 13.38 hektaar oppervlak area. Dit is rofweg 215
meter diep en het tot vandag 14 504 566 karaat verskaf. Vandag is die gat
verlate, sonder myn werkers en katrolle, en lê ontbloot aan die elemente.
Dit het n populêre toeriste aantrekking geword, en as jy jouself ooit in
Kimberley bevind, stel ons voor dat jy ‘n besoek aflê aan hierdie
fasinerende gat.