Klanke van die Global Breakthrough Fees

Aangespoor deur die klinkende sukses van die eerste Global Breakthrough fees wat in 2007 in Kaapstad gehou is, het die DJ’s en die partytjiegangers hulself oorreed om die geleentheid te herhaal, met een verskil: dit gaan selfs groter en beter wees as die eerste een. Vanaf 27 Februarie tot 2 Maart 2008 gaan Global Breakthrough saamspan met Miller Genuine Draft vir vyf dae van partytjie-hou by een van Kaapstad se uitsoek plekke.

Besoekers kan die geleentheid aangryp om tesame met plaaslike en internasionale DJ’s ‘n wye spektrum van musiek te ervaar. Internasionale besoekers word ook genooi om aan te sluit by die plaaslike partytjie tradisie in een van Afrika se mooiste stede.

Die vyfdaelange Global Breakthrough fees sal van die bekendste DJ’s soos die Chiliaans-gebore Luciano insluit. Hy word beskou as die aanbieder wat die Latyns-Amerikaanse musiek herskep het met sy DJ-stelle. Die produksiegroep Frank Wiedemann en Kristian Beyer, wat oornag beroemd geword het met hul enkelsnit “Rej” (Frans vir soul ), word as die hoogtepunt van die 2008 program beskou. Vanaf Bodensee in Suid-Duitsland kom Hendrik Schwarz wat bekend is vir sy vermenging van dansstyle.

Ander bekende name is Snow Patrol van Skotland, wat veral bekend is as die grootste verkoper van orkes musiek met hul treffers soos “Chasing Cars”, “Run” asook die klankbaan van Spiderman 3 “Signal Fire”. Tom Simpson (klawerbord) en Gary Lightbody (vokaal) het hul Europese wintertoer onderbreek om deel te neem aan die Global Breakthrough fees in sonnige Suid-Afrika. Hierdie beroemde duo sal op 1 Maart hul unieke musiek aanbied by die bekende Seinheuwel, waar ‘n 360 grade uitsig op die Atlantiese Oseaan, Tafelbaai en Kaapstad en Robbeneiland moontlik is.

Ander plakke waar die Global Breakthrough fees aangebied sal word, sluit in Karma te Kampsbaai, Mzolis in Guguletu, die Helikopterloods in die V & A Waterfront, die Weskus Volstruislandgoed en ook Baraza in Kampsbaai. Oorspoel geleenthede word ook aangebied in Gauteng by die The Miller Warehouse in Centurion en die Godfrey Moloi landgoed in Soweto. DJ’s van Suid-Afrika sluit in Oskido, Rick Hunter, Killer Robot en Digital Rockit.

Besoekers aan die Global Breakthrough fees in Kaapstad en Gauteng gaan uitvind watter oortuigende redes daar is om in sonnige Suid-Afrika te woon.